‘n Mengsel van jonk en oud vir die All Blacks teen die Springbokke

imagesCABNQQ2U

Die All Blacks het ‘n sterk span aangekondig vir Saterdag se wedstryd teen die Springbokke op Eden Park in Auckland, Nieu Seeland.

Steve Hansen het by sy ou staatmakers gebly en manne soos Owen Franks, Liam Messam op die toekant-flank en Ma’a Nonu is in die begin vyftiental. Franks speel in sy 50ste toets en sak saam met die veteran Tony Woodcock, wat in sy 101ste toets vir die All Blacks opdraf.

Ander veranderings is dat Sam Cane op oopkantflank sak nadat Richie McCaw verlede naweek teen die Poemas die veld moes verlaat met ‘n kniebesering.

Eweneens is daar ‘n mengsel van jeug en ervaring: Dane Coles speel op haker in sy vyfde toets, terwyl Keven Mealamu in sy 105de toets sal speel as hy van die bank af opgeroep word. Met Franks in die beginspan skuif die stut Charlie Faumuina na die bank. Steven Luatua verskaf dekking vir slot en losvoorspeler saam met Matt Todd wat as oopkantflank op die bank sit.

Die agsteman Kieran Read sal as kaptein uitdraf in sy 55ste toets.

Die span is: (toetse in hakies):

1. Tony Woodcock (101)
2. Dane Coles (8)
3. Owen Franks (49)
4. Brodie Retallick (17)
5. Samuel Whitelock (44)
6. Liam Messam (23)
7. Sam Cane (9)
8. Kieran Read – kaptein (54)
9. Aaron Smith (18)
10. Daniel Carter (96)
11. Julian Savea (14)
12. Ma’a Nonu (81)
13. Conrad Smith (72)
14. Ben Smith (18)
15. Israel Dagg (31)

Plaasvervangers:

16. Keven Mealamu (105)
17. Wyatt Crockett (16)
18. Charlie Faumuina (10)
19. Steven Luatua (4)
20. Matt Todd (1)
21. Tawera Kerr-Barlow (7)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.