ʼn Rekord 60 000 toeskouers by Ellispark verwag

In 1993 was daar 60 000 toeskouers op Ellispark toe Frankryk met 18-17 teen die Springbokke gewen het. En dit is baie moontlik dat hierdie bywoningsyfer Saterdag vir die derde toets verbeter kan word.

Die koue wat vir Saterdag voorspel word, skrik klaarblyklik nie voornemende toeskouers af nie. In hul  mediaverklaring Woensdagmiddag maak die GLRU bekend dat daar reeds 52 000 kaartjies verkoop is.

Dit is soveel toeskouers as die 52 330 wat in 2001 vir nog ʼn Bok-verloorwedstryd (23-32) teen die Franse op Ellispark was.

Terloops, die Franse het die ander twee toetse op Ellispark ook gewen, met 9-5 in 1958, wat Suid-Afrika se eerste reeksneerlaag sedert 1896 was; en in 1967 toe die Franse met 19-14 gewen het nadat die Bokke die eerste twee toetse oortuigend gewen het.

♦  Ondersteuners wat nog kaartjies soek, kan dit aanlyn koop van lionsrugby.computicket.com, óf van die kaartjieskantoor by die stadion óf van enige Computicket-verkooppunt.

♦  Die meeste toeskouers nóg by ʼn wedstryd in Suid-Afrika was in 1955. Daar was ʼn beraamde (nie-amptelike) skare van 100 000 wat die omheining platgetrap het om die eerste toets teen die Britse Leeus van Robin Thomson te sien.

Dit was een van die mees dramatiese toetse in Suid-Afrika se rugbygeskiedenis wat met 22-23 verloor is toe die laaste doelskop van Jack van der Schyff langs die regoppaal weggeswaai en die toerspan as die wenner gelaat het.

Die reeks het met twee-elk gelykop geëindig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Snoefels ·

Dis omdat daar so baie leeus in die span is en dit op hul tuisveld is, DUH.. net so paar jaar terug was daar kritiek oor bywoning oor hoe prys kaartjies, dis duidelik nie meer n probleem nie

Siemon ·

As julle nie deur die sleg kan staan saam die Bokke nie, kan jul ook nie deelwees van die wen nie.

Piet Pille ·

Hou daarvan dat die naam ELLISPARK STADION gebruik word. Dit is mos die naam wat bekend is aan ons ondersteuners. Die Franse sal beslis kennis neem van die Leeus se brul in die Springbokspan.

Frans C ·

Hoeveel toeskouers was daar in 1960 op Ellis Park toe die Springbokke die All Blacks geklop het. Was daar maar kon net ‘n staanplek kaartjie bekostig.Onthou nog hooe he ons eers lekker
op die gras gesit het,maar later moes opstaan om plek vir al die mense te maak.

Dit was lekker om te sien hoe Hennie van Zyl (kyk Youtube) sy drie druk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.