Naas en Elton se aanslane

Ook Naas Botha het aangeslaan! (Foto Youtube)

Toe die Springboklosskakel Elton Jantjies Saterdag op Nuweland die bal ʼn tweede keer in die derde toetswedstryd teen Engeland aanslaan, het ek aan Naas Botha teruggedink toe hy die bal in 1978 ook aangeslaan het.

Dit was in die eindstryd van nasionale klubkampioenskappe in Durban, toe Tukkies op die Paasmaandag in die eindstryd teen die Maties gespeel het.

Dit was benewens die Curriebeker-reeks die belangrikste toernooi/barometer van Suid-Afrikaanse rugby, want al die Springbokke en provinsiale spelers het toe nog klubrugby gespeel.

Botha was skaars 20 jaar oud, maar reeds die spilpunt van Tukkies se wedstrydplan.

Maar toe reën dit, soos dit net in Durban op sekere rugbydae kan sous.

Onthou ook dat daar destyds met ʼn leerbal gespeel is wat al hoe gladder geword het namate die wedstryd gevorder het. (Dis sekerlik waar die uitdrukking “so glad soos seep” vandaan gekom het!)

Die destydse Springbokflank Rob Louw (moontlik die vinnigste flank nóg wat vir die Springbokke gespeel het), het Botha soos ʼn skaduwee opgepas. Hy het hom gejaag en gejaag en onder druk bly plaas, totdat die damwal gebreek en Botha die bal op Tukkies se doellyn aangeslaan het.

Louw was byderhand om te druk om aan Maties ʼn oorwinning van 15-9 te besorg.

Jare lank was dit die groot besprekingspunt: Botha se aanslaan.

Vergeet van sy 2 511 punte vir Noord-Transvaal in 179 wedstryde, vergeet van sy 1 699 punte in Curriebeker-wedstryde en van sy 337 punte vir die Bokke in 28 toetse; vergeet ook van Dok Craven se opmerking: “Gee my Naas Botha en die wêreld is oorwin”.

Naas Botha het die bal aangeslaan …

Ja, dit laat ʼn mens wonder of enigiemand Jantjies se twee aanslane sal onthou, veral as hy dalk voortaan nóg ʼn kans en nóg ʼn kans sal kry.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

46 Kommentare

Paul ·

Ons moet maar verdag maak né. Nie werklik ‘n probleem as mens ook al die plusse van die twee met mekaar vergelyk nie. Gaats, maar dis nie naastenby vergelykbaar nie, Naas is ‘n legende!

Albert Maritz ·

Ek kry Jantjies baie jammer. Hy kies homself nie. Hy is goed vir die Leeus. Maar hy het dusver toetse vir die Bokke verloor.

Willem ·

En hulle beduie hy hoort in die groep. As dit die maatstaf is, is dit geen wonder ons sit waar ons sit nie, nie net in rugby nie, maar in die hele land. Skuus man ek mag dit nie sê nie. Dis egter veiliger om dit hier te skryf as op my facebook.

Willem ·

En wie sal ooit vir Michael du Plessis vergeet, hy was Naas se tier. hehehehe.

volla ·

Hei, Willem. Ek’s ‘n WP man deur en deur maar ons moet erken Naas was baas. ‘n Rugby-genie soos Dok Craven tereg opgemerk het.

Willem ·

Volla, ek is ook net so ‘n WP man, maar Michael het darem daar op Nuweland vir Naas ‘n keer of twee ore aangesit.

Wesley ·

Nie enige iemand kon vir die Bokke die toets wen as hul so speel nie. Twyfel dit was net Jantjies se skuld al die moeilikheid van laaste 2 jaar. Maar net hy word nou onder die bus gegooi. Soos Anton hier onder vra… HOEKOM?

Jean ·

Ek kry hom nie jammer nie hy word groot geld betaal maar lewer nie die s nie! Ons almal weet hoekom hy daar is en hy verdien nie daai plek nie jammer!

Niklaas ·

Toemaar. Elton sal stilweg verdwyn na Frankryk binnekort. Want die opkomende ster se naam is Damian Willmse en Rassie behoort hom binnekort kans te gee. So hoop ek altans . Tesame met Pollard

Deon ·

Genadiglik ………… ?

En dan kom ons by die binnesenter ens ens uit. Ons het terloops by die haker begin. Kyk, sekere posisies is mos van mekaar afhanklik, dit is makliker om daar tekortkominge te verdoesel, maar soos in skrumskakel of losskakel en die senters, staan dit soos ‘n seer oog uit. Die slot in die lynstane.

Anton Kld ·

En het julle die onder 20’s WB gevolg waar die einste Willemse maar gemiddeld tot swak was voor hy beseer is. Die ander “groot” naam -du Preez het ook met Wallis toets aangeslaan en Ons die toets gekos. Nêrens word een van die 2 so vergruis soos Jantjies nie.Wonder waarom?? Die waarheid is dat naas Pollard daar nie veel is om van te kies wat beter as Jantjies is nie

Frans C ·

Jantjies sukkel onder ander afrigters en verloor baie maklik sy selfvertroue wanneer hy hom moet aanpas by ander spelpatrone.Dit is ongelukkig waar van baie ander spelers en het niks met kleur te doen nie,maar wel met ‘n spelers se persoonlikheid.
Gaffie du Toit was een van Suid Afrika se beste losskakels,
Maar op 10 Julie 1999 verloor die Springbokke 28-0 teen die All Blacks in Carisbrook
Dunedin.Du Toit en sy skrumskake Dave von Hoesslin word in die openbaar deur Mallett gekritiseer en verantwoordelik vir die pakslae gehou.Tussen 1998 en 2004 speel hy 14 toetse vir die Springbokke.In die tydperk speel Suid Afrika 83 toetse.

Du Toit het nooit die impak wat hy op Provinsiale vlak gehad het,herhaal in die Springboktrui nie.Ek hoop nie Pollard loop dieselfde pad nie.

Deon ·

Gaffie was in te veel posisies gespeel, Elton speel net losskakel.

Ja wat... ·

Stem Deon hul moes Gaffie net op losskakel gehou het en hom nie so rond geneuk het nie dan kon hy regtig nog meer vermag het en hy was goed..In my oe nog n voorbeeld is hougaard op skrumskukel maar dan speel hul hom op vleuel en dan weer skrumskakel…Nee man party afrigter se koppe dink ok maar snaaks en dit neuk baie talentvolle spelers se loopbane op!

Willem ·

Ja wat, jy slaan die spyker op die kop! So kan mens nog een of twee spelers uitsonder wat vir die wolwe gegooi is, en dan is daar kwotas in hul plek gekies.

Braam Maree ·

Ek wonder anders as Naas wie gaan oor 40 jaar weet wie was Jantjes

Anmar ·

Naas was nie net ‘n puik speler nie, maar ook ‘n superslim kaptein wat ‘n wedstryd kon lees en op sy hardlopende voete kon flinkdink. Boonop moes hy homself handhaaf teen ‘n afkrakende komediant wat met sy voorkoms die spot gedryf het. Het ons Afrikaners nou nog nie geleer om ‘n man die eer te gee wat hom toekom nie?

Paul ·

Absoluut, net so. Baie van ons het al van daai tyd vergeet toe die grapjas so met Naas die spot gedryf het. Ek is ‘n WP man maar vir my het dit toenterjare ook nie lekker afgegaan nie.

Koos ·

Ek dink nie die uitdrukking “so glad soos seep” het enige iets te make met ‘n nat rugbybal nie, dan sou dit “so glad soos ‘n nat rugbybal” gewees het

Frans C ·

Die ou agtpand leerbal kon so glad soos seep wees,wanneer die bal nat was.

Cobus ·

Ek was destyds bie ‘n Naas ondersteuner nie omdat hy ons altyd gesink het, maar indien ‘n bokspan gekies is het ek sy naam eerste geskryf

Boertjie ·

Dalk sal dit beter gaan as hy meer aandag gee aan sy rugby as sy haarstyl en Tattoos ek het nie n probleem met een van die twee nie maar asb sy haarstyl is regtig nie hoe n springbok sin behoort te lyk nie.

Gerhard ·

Ek dink maar net …sou Naas met vandag se spelpatroon en vereistestes vir n losskakel ook so goed gewees het? Verstaan my goed ek het nogsteeds baie respek vir al sy mylpale

volla ·

O, hy sou baljaar het. 10 keer vinniger as Pollard en het nie sy gelyke gehad met skopwerk nie (takties was hy onberispelik). Jy sou beslis nie sien dat hy balle in die teenstanders se keelgatte afskop nie.

Callie ·

Ou Willem, Naas is n keer of twee ore aangesit maar hy het almal meer as gereeld ore aangesit. Dink maar hoe het hy WP in n game binne 15 minute gesink, Leeus of daardie tyd Transvaal. Jannie Breedt het na die game gehuil. Die Leeus het alles oorheers en Naas het net die bal gevra. Met beide voete geskepskop. Dink ook dis belaglik om die besste losskakel van alle tye in SA rugby met Elton wat nog nooit geshape het op bok vlak, te vergelyk nie

Johan ·

Of dit nou Jantjies self is, of die afrigter, of die span, of die span se spelpatroon – punt is Jantjies het nou al op ‘n paar geleenthede gewys hy gaan dit nie op toetsvlak maak nie. Dit is nie ‘n unieke verskynsel nie. Hoe gouer Rassie dit besef (en ek dink hy doen), hoe beter vir die span.

Terloops Anton Kld – Robert du Preez het nie die bal aangeslaan nie, maar sy skop is afgestorm. Ongelukkig vir hom was sy paar minute op die veld nie goed nie. Verdien hy nog ‘n kans? In my opinie ja. Daar is nie veel ander losskakels dink ek wat ‘n alternatief tot Pollard is nie. Willemse nog te jonk en definitief nie tans ‘n opsie nie. Dalk oor paar jare.

Gollie ·

Gee Willemse kans glad nie te jonk nie,hoe sal hy hom kan bewys as hy nie kans gegee word nie.

Theo ·

Wie sal ooit daai nat gereende wedstryd op Ellispark kan vergeet ,toe Transvaal na halftyd nog voor was teen Noord Transvaal, man toe vat baas Naas daai bal en skop arme Transvaal heel uit die wedstryd. Die man was n genie op die veld, n rugbybal se meester en n spel kenner soos min. Sal Naas Botha se ruby NOOIT vergeet nie. Dankie Naas.

nico k ·

Ek wil vra hoe goed was Naas regtig? Dit is maklik vir ‘n losskakel om goed te lyk agter ‘n wen span, en hy het jare lank agter ‘n Blou bul pak gespeel wat enige internasionale span daardie tyd sou kon aanvat. As hy bv. vir OP gespeel het, sou hy nog so goed gelyk het. Ek onthou die toets in 1992 teen Australië in die reen agter ‘n verloorpak, waar Naas baie swak gespeel het. Maar ek erken dat hy ‘n baie goeie taktiese skopper was. Dit irriteer my deesdae die hoogskop en hoop vir die beste. (En hoekom deur die skrumskakel?) Naas het geskop na waar daar ‘n leë kol was.

Henry ·

Geldige vraag oor Naas se vermoëns wanneer hy agter ‘n verloor pak speel, nico k.

Naas is vir seker nie bekend vir sy laagvat vermoê nie. Eerder sy gebrek daaraan. In opdrag van Oom Buurman was Burger Geldenhuys meesal verantwoordelik daarvoor om Naas se têkkels uit te voer, veral wanneer die groot voorspelers op hom afgestorm het.

Oom Hansie Brewis wat waardevolle leiding aan Naas verskaf het, het bowendien geglo dat die losskakel ‘n spelskepper is en van geen waarde vir sy span is wanneer hy onder in ‘n losskrum lê, nadat hy ‘n teenstander loop tekkel het nie.

Natuurlik was daar ook ander spelreëls in daardie jare wat ander vereistes gestel het as wat vandag geldig is. Daarom is dit maar raaiwerk om vandag se spelers met jare terug s’n te vergelyk.

Josua Keys ·

Ek is al die jare ‘n Leeu ondersteuner en sal een bly maak nie saak of dit goed of sleg gaan nie. Die probleem is nie Jantjies nie mense die probleem is speller keuses, ek sê dit weer en ek gee nie om wie wat sê nie, as die Leeus teen die huidige bok span gespeel het met Franco, Bijante en Jantjies terug in die Leeus span en die drie met enige speler van oorsee of SA vervang was het die Leeus al drie toetse teen die bokke en Engeland gewen !!!!! Die Jare toe die Bulle en Stormers/ Sharks goeie Rugby gespeel het het die bok span meestal uit daardie spelers bestaan, nou val hulle uit die bus uit en die bokke sukkel maar dit is Jantjies se skuld????? Ek belowe julle as dit my keuse was het die hele bok span tenminste 80% uit die leeus bestaan. Laasjaar word 7 spelers van die Lions vir die bokke gekies maar Twee of drie kry kans om te speel maar dit is die Leeus se spelers se skuld dat die bokke verloor het en ek het gedink ons Rugby publiek ken hul Rugby??? Waarom wen die All Blacks ons al die afgelope paar jaar, omdat hul beste Super reeks span 1ste en 2de die meeste spelers in die span het maar ons leer nie!!!! Rassie skrik asb wakker en kies asb die regte spelers anders gaan jy soos Pieter en die voor hom opeindig, jammer maar dit is veite!!!

Frans C ·

Mense vergeet dat oor die jare die reëls en so ook die spel verander het.Die spel word vandag teen ‘n hoër tempo gespeel en is spelers heelwat groter.
So bv het die swaarste speler van die 1956 toerspan na NZ 235 pond geweeg en was 6′ 2 1/2. Die langste man was 6’ 5 1/2 en het 215 pond geweeg.

In vandag se afmetings. 106 kg en amper 1.90 m. en 97 kg en 1.97m. Vandag se spelers is veel groter en swaarder en kan ‘n mens verstaan dat die botsings soveel erger is,omdat die menslike skelet nie soveel sterker geword het.Daarom as ‘n groot swaar speler op sy nek beland kan gevolge ramspoedig wees.

Oom spelers oor ‘n lang tydperk met mekaar te vergelyk is dus moeilik want ‘n mens weet nie hoe spelers onder verskillende omstandighede sou gevaar het nie.’n Mens kan wel vaardighede soos skepwerk vergelyk en was Naas Botha en ‘n paar ander beter as vandag se skoppers.

CFS ·

Ek wens die ouens wil ophou om alewig vorige spelers met vandag sin te vergelyk,die spel het so verander dat vergelykings nie sinvol is nie.Wie sou 20 jaar terug voorspel het dat stutte so balvaardig sou word.

Hennie ·

Ek stem saam met CFS – dis ‘n sinnelose oefening om spelers oor so ‘n lang tydperk met mekaar te vergelyk. Frans C wys ook die verkil in die lengte en groote tussen die spelers uit. Die selfde geld die reel veranderings. In Naas se tyd bv. kon jy die bal terug neem agter die 22 en dan restreeks uitskop. Die “take back” wat deesdae geld het nie eers bestaan nie. Wat wel waar is, is dat Naas die bal op die spreekwoordelike tiekie kon skop. Sy taktiese skopwerk was net so briljant as sy stelskoppe.

Willem ·

Mmmmm, ja soos Dan Carter, of Latham, Naas was geniaal, seker die beste, julle is net jaloers, hy kon na sy en sy span se sterk punte speel. Hy kon man alleen wedstryde wen.

Willem ·

Terwyl ons nou so roei en stoei, wie onthou nog vir Hannes Fabricious, ook vir Pieter Kirsten??

Ek hoor graag van julle!!!!!!!!

Pieter Ferreira ·

As WP ondersteuner het Naas menige Saterdag my seuns en my eie naweke opgevoeter. Hy was die beste losskakel nog en ons praat nou nog gereel oor die spoed waaroor hy beskik het. Stem staam met die opmerking hierbo – Naas was Baas.

Henry ·

Pieter Kirsten was briljant. Beide wat bal verspreiding, spoed van die merk af, skop vermoëns ens betref. Hy was die generaal agter die Kwagga’s van Chick Henderson wat in 1974 die ‘magtige’ Britse Leeus van 1974 op Ellispark pak gegee het. Wonderlike wedstryd gewees.

Soos Naas ook aan die ligte kant en sou vandag met moeite beseringloos deur vandag se rugby eise strompel, wat natuurlik ook Lambie se probleem is.

Ongelukkig het die krieketveld te hard na Kirsten geroep…

Henry ·

Jammer, ligte foutjie!
Kwaggas het verloor. Pelle en ek was as youngsters by die Woensdag wedstryd. In my boeke en veral agv Kirsten se spel, het die Kwaggas gewen.
Dit kon net die skytsregter se skuld wees dat hulle verloor het.
:-)

Frans C ·

Vroeg in die jare 60 staan ‘n oud kollega,wat op sy dag ‘n paar wedstryde vir Noord Transvaal op losskakel gespeel het,langs ‘n rugbyveld waar die Maties ‘n wedstryd teen ‘n plaaslike klubspan speel.

Dr Graven het die Maties gebruik om die gehalte rugby hier te verbeter.Terug op kantoor kon ons nie uitgepraat raak ook die vaardighede van die Maties se voorspelers,met slotte wat veel meer balvaardig as van vandag se agterspelers is.

Nou vra ek my self af, hoe het SA Rugby se vaardighede verval in die toestand wat dit vandag is

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.