Naas se Indiese spanne is bobaas

Die Ligbloues se Naas Botha, die grootste wedstrydwenner in die geskiedenis van die Curriebekerkompetisie, met die Vrystaat se skitterende heelagter Gysie Pienaar heel regs.

Wanneer jy deesdae vir SuperSport se rugby-uitsendings inskakel, sal jy agterkom dit is Naas-loos.

Die 61-jarige Botha het Aprilmaand ’n nuwe hoofstuk in sy lewe afgeskop en is nou die hoofafrigter van Indië se mans- en vrouespanne.

Die Indiërs se manspan het hul eerste kragmeting onder sy leiding weliswaar 17 – 74 verloor, maar hulle het gou weer opgestaan en vir Indonesië kort daarna 42 – 12 ore aangesit.

Die nasionale vrouespan, in skaars hul tweede toets ooit, het die Botha-era met ’n goeie oorwinning van 21 – 19 teen Singapoer begin.

Naas Botha. (Foto Youtube)

“Die belangrikste is om die sterk en swak punte van die spelers te bepaal en om ’n positiewe gesindheid te kweek: Die spelers moet die sport en die oefensessies geniet. En ek dink ons is stelselmatig besig om dié doelwitte te bereik,” het Botha gesê.

  • Naas Botha het 312 punte in 28 toetse vir die Springbokke aangeteken en sy punterekord is eers later deur Percy Montgomery verbygesteek.
  • Hy het die Blou Bulle 128 keer aangevoer en altesaam 2 511 punte vir die Ligbloues aangeteken.
  • Hy was ’n bekende gesig op SuperSport as rugbykommentator en -kenner, maar sy Indiese verpligtinge hou hom nou uit die ateljee.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

Salamander ·

Met ‘n skok verneem ek nou Naas is 61!! Hy het dan nog die anderdag vir die Bulle uitgedraf as so klein windgat mannetjie!

Valerie ·

Dit hang af, kolla, hoe bounce die samoosas. Daar, en nou is ek lus vir een of twee of ses!

Swartwolf ·

Naas is baas. Het daren daai stompies pap geskop in die 80’s.

kolla ·

Soveel so dat die WP die CB vyf jaar agtereenvolgens gewen het, ja (ek dink dis steeds ‘n CB rekord). Lyk my nie hy was baie effektief teen die WP nie. Hy was andersins goed, kon die meeste spanne dronk skop..

Swartwolf ·

Nee definetief 1977-1995 Curriebeker wenners NTVL 8 WP 7. Sluit draws uit. Naby maar NTVL en Naas was baas.

kolla ·

Naas het vanaf 1987 in Rovigo gespeel. Ek is seker daarvan hy het meer kere teen WP verloor as wat hy gewen het. Rob Louw was sy moses.

Valerie ·

Naas Botha, in my opinie, is een van daai mense van wie ek nog altyd gehou het al wou ek nie altyd nie. Altyd besig; altyd positief ingestel. ‘n Uitmuntende rolmodel.

Antoon ·

Hy is ‘n ware “maverick”
Aansoek gedoen vir ‘n bofbal beurs in die VSA, gaan probeer vir NFL en rig nou af waar ek nie eers geweet het hulle weet hoe lyk ‘n rugby bal nie.
Om van sy rugby idees nie eers te praat nie.
Stem saam – rolmodel :-)

Cuda ·

Hy was ‘n speler wat ‘n wedstryd kon draai soos geen ander. Bly vir hom. Was nog altyd reguit en eerlik in opinie.

CallieL ·

Ou Kolla, dink mooi terug dan onthou jy hoe Naas baas julle WP in 15 min gesink het. Sommer van die halflyn af self gaan druk het. Game over binne 15min. Was die tye toe rugby nog rugby op meriete was. Tye toe provinsialisme nog lekker was

Swartwolf ·

Ek onthou dit. Sekere ouens onthou net wat hulle dink hulle weet. Die stompies het so min raad met Naas gehad dat ou Morne hom moes uithaal. Maar Naas is Baas was terug vir baie jare. Hy was ‘n “footballer”, saam met Danie Gerber en Ray Mordt en Gysie Pienaar.

kolla ·

WP wen die CB vyfkeer in ‘n ry en deel dit eenkeer gedurende die 80’s, ‘n era waarin Naas veronderstel was om baas te wees. Maar hy was goed, ek sal nie stry nie ( net ‘n bietjie bang vir Morne du Plessis en Rob Louw).

Ans ·

Naas was altyd maar skrikkerig vir die WP! Onthou nog hoe vinnig hy op Nuweland Nuweland
agteruit hol as Rob Louw op hom afstorm!

Henry ·

Uli Schmidt het altyd by die eerste skrum of lynstaan spesiaal vir Rob welkom geheet.
Hy het gewoonlik na ou Rob as die ‘koerant’ verwys. Enersyds omdat Robbie-bybie so lief vir die kollig was, andersyds omdat Rob soos ‘n flenter koerant heen en weer oor die veld gewaai het om uit die pad van die groot botsings – en veral uit Uli se pad te bly.
:-)

Swartwolf ·

Currie beker wenners 1939-2018:
NTVL/BULLS: 20
WP: 15
TVL/GL: 10
Sluit uit “draws”.

kolla ·

Algeheel: WP 34 – NTVL + TVL 30. Pateties. Laaste dekade: WP 3 – nulle 0

Swartwolf ·

Ag asseblief ou kolla jy tel vanaf 1892 toe Jan van riebeeck teen die koi gespeel het…..wat ‘n grap. Vanaf 1977 tot laas jaar stompies 15 bulle 20. Dis pateties.

Swartwolf ·

Die artikel gaan oor Naas. So die verwysings raamwerk is sy speeljare. So selfs toe hy in Rovigo was het die bulle nog steeds meeste CB’s gewen. Ha ha ha. Nie net was Naas Baad nie die bulle ook.

Swartwolf ·

Ag asseblief ou kolla jy tel vanaf 1892 toe Jan van riebeeck teen die koi gespeel het…..wat ‘n grap. Vanaf 1977 tot laas jaar stompies 15 bulle 20. Dis pateties.

kolla ·

Julle kon in julle hele bestaan slegs die CB 23 keer wen waarvan 4 keer gedeel is. Ek weet nie waar jy aan die 20 kom nie, nie eers van 1946 af nie.

Swartwolf ·

Vat minder kraantjie kolla te veel sal ‘n alreeds wankelende wiskundige vermoe verder aantas.

Apools ·

Naas was ‘n rugby genie. Hy het die spel uitstekend gelees en geweet hoe om sy voorspelers op die voorvoet te hou. En die nonsense dat hy altyd geskop het – kyk hoeveel drier die blou bulle en bokke se agterlyn gedruk het met Naas op losskakel. Een in ‘n genetasie speler.

kolla ·

Eintlik het die nulle die CB 19 keer regstreeks gewen en die WP 16 keer sedert NTVL ‘n unie geword het. Maar dis duidelik dat julle goue jare verby is, geen beker in laaste dekade nie.

Lekker lag ·

Help nie jy probeer syfers verdoesel nie Bulle het aanduidende meer CB’s gewen as weer probeer.

kolla ·

In die CB eindstryde tussen die nulle en WP waarin Naas gespeel het, het die WP 5 regstreeks gewen en die nulle slegs 2. WP was duidelik Naas se baas.

Lekker lag ·

Altyd ‘n storietjie on die waarheid te verdoesel. Dis al lankal dat jy sukkel met die sommetjies saam.

kolla ·

Die waarheid maak seer ouboet. Die sommetjie is dat Naas dit nie gemaak het teen WP nie, hy’t erg gesukkel.

vonnie ·

Die man bly ’n legende en het net soveel ondersteuners as vyande. Wonder of julle nog die ondersteuner kon onthou wat op af langs die veld gehardloop het onder die ooste- pawiljoen dan skree hy “voete-voete” elke keer as Naasaan die bal vat.

Lekker lag ·

Of Naas nou gewen het of nie NTVL het Weer Probeer pap gespeel in ’80s.

Cuda ·

Kolla is soos ‘n ou wat spog met sy laerskool rugby span. Die Bulle is klaar met laerskool. BULLE is al op Universiteit met internasionale titels in SR. Hy sukkel verskriklik, omdat sy span nie met die groot honde kan blaf nie. As hy kommentaar hier lewer klink dit soos een van daai wit stoffer hondjies wat net heeltyd wil blaf…! Kolla ek wag steeds, dat jy vir my een Bul speler noem, wat van oorsee af kom……

Rinkhals ·

En die kennis van rugby is uiters beperk. Gooi daarby leesprobleme en wisk op gr 3 vlak en die vlak van aanmerkings en kommentaar is skielik in perspektief. Net nog ‘n weer probeer ondersteuner nar wat probeer om koek van mis te maak.

Werner ·

Apools, die Bokke het meer driee gedruk met Errol Tobias op losskakel. Naas het n suksessyfer van net 69% gehad vir stelskoppe. Slegs 4 Bulle aan Naas se buitekant het in 15 jaar Bokke geword.

kolla ·

Julle nulle ondersteuners met jul dagdroompies. Die enigste manier om julle op jul plek te sit is met die eintlike FEITE. Die 1980’s: WP speel nulle 6 keer in CB finaal. WP wen 3, nulle 2 en 1 gelykop.

kolla ·

Flou koeie kon nog NOOIT die WP in ‘n CB finaal op Nuweland klop nie. Patetiese spulletjie.

Rinkhals ·

Cuda jy sal geen antwoord kry nie. Geen salf aan die nar te smeer nie. Sommige hou hulle dof voor ander is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.