Namibië kies groep vir Uruguay, beter rangorde

Namibië se spelersgroep met die oog op 18 en 25 November se toetse teen die besoekende Uruguay is Donderdag aangekondig.

Luidens ʼn verklaring wat in Windhoek uitgereik is, dien die reeks eerstens as voorbereiding vir die komende Japanse toernooi om die Wêreldbeker, maar mik die span ook na ʼn plek tussen die eerste 20 op die wêreldranglys.

Namibië is tans 21ste. Urugauy is 18de, en Spanje (19de) en Rusland (20ste) staan in die Namibiërs se pad.

Verskeie voorste aanspraakmakers is vanweë beserings en om ander redes nie beskikbaar vir die reeks nie.

PJ van Lill (agsteman), Janco Venter (losvoorspeler), Louis van der Westhuizen (haker), Renaldo Bothma (flank), Johan Deysel (senter), Dirk von Weidtz (losskakel) en Shaun du Preez (voorry) is almal op die krukkelys.

Aranos Coetzee (stut) en Torsten van Jaarsveld (haker) speel nog vir die Cheetahs in die Pro14-reeks.

Divan Rossouw (veelsydige agterspeler) en Wian Conradie (flank) se studies kry voorkeur.

Die groep –

Stutte: Casper Viviers, André Rademeyer, Nelius Theron, Collen Smith, AJ de Klerk.

Hakers: Obert Nortjé, Niel van Vuuren.

Slotte: Tjiuee Uanivi (slegs tweede toets), Adriaan Ludick, Mahepisa Tjeriko, Max Katjijeko.

Losvoorspelers: Prince !Goaseb, Rohan Kitshoff, Christo van der Merwe, Thomasua Forbes, Adriaan Booysen.

Skrumskakels: Helarius Kisting, Eugene Jantjies, Damien Stevens, Wihan von Wielligh.

Losskakels: Theuns Kotzé, Cliven Loubser, PW Steenkamp.

Senters: Darryl de la Harpe, Justin Newman, JC Greyling, Lesley Klim, Heinrich Smit.

Agterste drie: David Philander, Johann Tromp. Gino Wilson, Chrysander Botha.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.