Namibië kies o.20-losskakel vir Nasiesbeker

Namibië het sy o.20-losskakel ingesluit in sy nasionale span vir die komende toernooi om die Nasiesbeker in Montevideo, Uruguay.

Die span is saam met Argentinië A en ʼn Uruguay-vyftiental in Groep A, en hulle speel teen Opkomende Italië, Spanje en Rusland wat in Groep B geplaas is.

Cliven Loubser was ʼn lid van die land se o.20-span wat onlangs Groep A (die Suidelike afdeling) van Rugby Afrika se Barthésbeker-toernooi in Madagaskar gewen het.

Hy is een van vier spelers in die groep wat nog nie toetsrugby gespeel het nie. Die res is Mahepisa Tjeriko, Johan Retief (slotte), Justin Newman (senter) en Lesley Klim (vleuel/heelagter).

Almal het op hul dag vir die land se o.20-span gespeel, en Tjeriko en Klim speel tans vir die Welwitschias in die SA Rugbyunie (Saru) se Supersportreeks.

Slegs sewe van die 28 spanlede het in 20 en meer toetse gespeel: die skrumskakel Eugene Jantjies in 53, die losvoorspeler PJ van Lill in 43, die heelagter Chrysander Botha in 41 (19 toetsdrieë), die losskakel Theuns Kotzé in 34, die senter Darryl de la Harpe in 33, die vleuel Johan Tromp in 26, en die stut Casper Viviers in 20.

Die kaptein, Ronaldo Bothma, het in 13 toetse gespeel. Kotzé is die onderkaptein.

Die span (getal toetse tussen hakies) –

Stutte: Casper Viviers (20), AJ de Klerk (12), Collen Smith (6), Johan Coetzee (11).

Hakers: Torsten van Jaarsveld (12), Louis van der Westhuizen (9), Shaun du Preez (5).

Slotte: Tjiuee Uanive (18), Janco Venter (15), Ruan Ludick (4), Mahepisa Tjeriko (0).

Losvoorspelers: Wian Conradie (4), PJ van Lill (43), Renaldo Bothma (kaptein, 13), Johan Retief (0), Christo van der Merwe (2).

Skrumskakels: Eugene Jantjies (53), Damian Stevens (6).

Losskakels: Theuns Kotzé (onderkaptein, 34), Cliven Loubser (0).

Senters: Darryl de la Harpe (33), JC Greyling (15), Justin Newman (0), Johan Deysel (16).

Agterste drie: Johan Tromp (26), Lesley Klim (0), Gino Wilson (5), Chrysander Botha (41).

Phil Davies is die hoofafrigter, met Roger Thompson (voor) en Chris Roussouw (agter) wat hom help. Dafydd James sien na die krag en kondisionering om.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.