Namibië laat Uruguay harde bene kou

Darryl de la Harpe met die bal. (Foto: Facebook)

ʼn Begeesterde Namibië het Uruguay harde bene laat kou in die tweede toets in die reeks tussen dié twee lande Saterdag in Windhoek.

Die Kiewiete moes hul storie ken om die kragmeting met 39-34 te wen, nadat hulle die eerste toets oortuigend met 52-36 ingepalm het.

Die rustydtelling Saterdag was 17-17, en die besoekers was sowat tien minute voor die einde nog met 14 punte voor.

Namibië het kwaai teruggeveg, en die agterstand tot 34-36 laat krimp, voordat Uruguay teen die einde nog ʼn strafdoel behaal het.

Darryl de la Harpe, die Biltongboere se veteraansenter, het twee van sy span se drieë gedruk, en Christo van der Merwe, Orbert Nortjé en JC Greyling het elk een keer agter die doellyn gaan kuier.

Cliven Loubser het met twee doelskoppe en ʼn strafdoel geslaag, en Theuns Kotzé met ʼn doelskop.

Dié reeks was die eerste keer dat Namibië en Uruguay op die rugbyveld slaags was.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

bollie ·

Waar was ie jare toe Namibie nog ‘n krag was in rugby? So hulle kan nie eers Uruguay klop nie, laagenoemde is ‘n klomp amateurs sover ek weet.

Stephen Namibia ·

Bollie. Daar is twee goed wat Namibiers omkrap. As mense hier kom en kla ons land is droog of neuk met ons Rugby.

Nam het maar 2.5 mil mense in totaal. Die rugbyspelers is gesaai oor die ylbevolkte land en sommige spelers moet honderde km ry net om te oefen.

Nam lewer wel puik spelers op soos Jaques Burger, Torsten van Jaarsveld en ander.
Die beste Springbok ooit kom uit ons land. JAN ELLIS.

Voor jy oordeel kom kuier hier en sien met watse mense jy te doen het.

Ons spelers word nie betaal nie en ons Regering meng nie in met ons sport nie!

Stephen Namibia ·

Nog iets Bollie

Ons Staatspresident was lank die beskermheer van Nam Rugby in sy privaat hoedanigheid.
Hy het gereeld op n Saterdag middag by die Stadion aangekom en tussen die toeskouers gesit. Dis nou in sy Denim broek en hemp sonder lyfwagte. Wat kan die bevolking en die spelers nou meer inspireer.

Dink nie Zuma is in dieselfde liga nie.

Namibia ·

@Stephen Namibia, touché. Hoe lekker laat kyk hy bollie op sy neus, net omdat hy so lekker bollie praat. En nog iets bollie: ons Namibiërs staan bymekaar en is positief oor ons land en oor mekaar.

bollie ·

Ha, ha. In my Army jare daar in ou SWA het ek saam en teen ouens soos Gerhard Mans, die Stoops, ens. gespeel. Hulle was nog goeie spelers wat selfs in ‘n stadium in die A-afdeling van die Curriebeker gespeel het. Kyk hoe lyk julle rugby nou, wat ‘n verval. Waar is julle Jan Ellisse nou? Foeitog, Uruguay (hel, ek moes nou eers kyk of ek dit reg gespel het). Ai, ai.

bollie ·

Hoe lekker lag ek nou. In my jare in ou SWA het ek saam met goeie spelers soos Gerhard Mans en die Stoop-broers gespeel (as julle oud genoeg is,sal julle hulle onthou). Die verval in julle rugby is eintlik tragies.

Ja-nee ·

Ek stem saam met Bollie. Toe die ou Suidwes bestaan het was daar minder rugbyspelers as nou, so die rugby het baie verswak. As die politiek nie inmeng nie wat is die rede vir die verswakking dan? Hulle kan kan nie eens ons Vodacom spanne klop nie en baie van die Vodacom spanne het minder spelers as Nam maar hulle gaan wereldbeker toe, wat ‘n klug. Stuur liewers die Bulls, Stormers, Leeus of Haaie wereldbeker toe en hulle sal beter vaar. Jacques Burger kon nie eens die Bulls span op gereelde basis haal nie, het net gespeel as daar beserings was aan die losvoorspelers.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.