Namibië stel nuwe rugbybase bekend

Mervin Green (links) en Peter Harding (Foto’s: NRL)

Namibia Rugby Limited (NRL) het Vrydag in Windhoek die aanstelling van ʼn hoof- uitvoerende beampte (HUB) en die sekondering van ʼn hoofbestuurder vir hoë prestasie aangekondig.

Mervin Green is met onmiddellike ingang die nuwe HUB van die NRL; en Peter Harding is tot ná 2019 se toernooi om die Rugbywêreldbeker (RWB) deur Wêreldrugby (WR) gesekondeer om die land se rugby se hoëprestasiestelsel te bestuur.

Die NRL is ʼn nuwe maatskappy sonder winsoogmerk wat ten nouste met die Namibiese Rugbyunie (NRU) sal saamwerk om die finansiële lewensvatbaarheid van die rugbystruktuur te verseker.

Luidens die verklaring sal dit na die nasionale span sowel as die Welwitschias, die land se o.20-span en die sewesspan omsien.

Green was die SA Rugbyunie (Saru) se hoofbestuurder: strategiese transformasie, en is tans die hoofsekretaris van Rugby Afrika (RA) waar hy strategiese leiding ten opsigte van die spel se ontwikkeling op die vasteland verskaf.

Harding, die hoëprestasie-konsultant van WR, het onder meer van 2008 tot 2012 as die Wallabies se fiksheids- en kondisioneringsafrigter gedien.

“Met die oog daarop om op die internasionale verhoog mee te ding en nie bloot deel te neem nie, beweeg rugby in Namibië na ʼn meer beroepsgerigte bedeling,” lui die verklaring onder meer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.