Namibië verander drie teen Senegal

Namibië het sy span wat met 53-7 teen Tunisië gewen het grootliks behou vir Saterdag se kragmeting in Windhoek teen Senegal in die reeks om Rugby Afrika se Goue Beker.

Dertien van sy voorste spelers was nie vir die wedstryd in Monastir, Tunisië, beskikbaar nie, maar dit het hom geensins van stryk gebring nie.

Die senter JC Greyling is terug in die opdrafspan in die plek van Justin Newman; Thomasu Forbes is terug op die flank in die plek van Christo van der Merwe; en Adriaan Booysen maak sy toetsbuiging ten koste van Wian Conradie op agsteman.

Eugene Jantjies, die onderkaptein, behou sy plek op losskakel, en die terugkerende Theuns Kotzé is in Gino Wilson se plek op die bank gekies.

Orbit Nortjé en Roderique Victor vervang onderskeidelik vir Shaun du Preez en Forbes op die bank.

Die span –

15. Chrysander Botha, 14. Lesley Klim, 13. JC Greyling, 12. Darryl de la Harpe, 11. Johan Tromp, 10. Eugene Jantjies (onderkaptein), 9. Damien Stevens, 8. Adriaan Booysen, 7. Thomasu Forbes, 6. Rohan Kitshoff (kaptein), 5. Ruan Ludik, 4. Mahepisa Tjeriko, 3. AJ de Klerk, 2. Louis van der Westhuizen, 1. Casper Viviers. Bank: 16. Orbit Nortjé, 17. Collen Smith, 18. Des Sethie, 19. Max Kaitjeko, 20. Roderique Victor, 21. Theuns Kotzé, 22. David Philander, 23. TC Kisting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.