Namibië verander vir stryd teen Zimbabwe

Namibië het ʼn paar veranderinge aangebring aan die span wat Senegal met 95-0 verbrysel het met die oog op Saterdag se kragmeting om Rugby Afrika se Goue Beker teen Zimbabwe in Windhoek.

Die senter JC Greyling is in die opdrafspan ingesluit; Gino Wilson begin die wedstryd op linkervleuel; Wian Conradie draf as agsteman op; en Shaun du Preez vervang die geskorste Louis van der Westhuizen op haker.

Janco Venter (losvoorspeler) en die 20-jarige losskakel Cliven Loubser is op die bank ingesluit.

Loubser vervang Theuns Kotzé op die bank, met voorkeur wat aan Eugene Jantjies in die opdrafspan op losskakel gee word.

David Philander en Roderique Victor het hul plekke op die bank afgestaan.

Die Eerste Liga-uitspeelstryd tussen die Eastern Bulls van Gobabis en die Etosha Lions dien as hoofvoorwedstryd vir die toets.

Die span –

15. Chrysander Botha, 14. Lesley Klim, 13. JC Greyling, 12. Darryl de la Harpe, 11. Gino Wilson, 10. Eugene Jantjies (onderkaptein), 9. Damien Stevens, 8. Wian Conradie, 7. Thomasau Forbes, 6. Rohan Kitshoff (kaptein), 5. Ruan Ludik, 4. Mahepisa Tjeriko, 3. AJ de Klerk, 2. Shaun du Preez, 1. Casper Viviers. Bank: 16. Orbert Nortjé, 17. Collen Smith, 18. Des Sethie, 19. Max Kaitjeko, 20. Janco Venter, 21. Cliven Loubser, 22. Justin Newman, 23. Johan Tromp, 24 TC Kisting, 25. Adriaan Booysen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.