Namibië wen dramaties teen Zimbabwe in Windhoek

Hoogspanning en drama het Saterdag se botsing tussen Namibië en Zimbabwe om Rugby Afrika se Goue Beker in Windhoek gekenmerk.

In ʼn merkwaardige aanslag het die 35ste gekeurde Zimbabwe so hittete die 21ste gekeurde Biltongboere op eie werf slae gegee.

Op die koop toe sou Zimbabwe vanjaar op ʼn laer vlak meeding nadat hy verlede jaar laaste op die topvlak was. Die reeks is egter van vier tot ses spanne uitgebrei en hy het sy plek behou.

Namibië kon die wedstryd eers vyf minute voor die einde beklink, toe Johan Tromp die wendrie gedruk het.

Dit was egter nie die einde van die asem ophou nie, want Zimbabwe het vuur en vlam teruggeslaan, net om die bal in die Namibiese doelgebied te verloor.

Die besoekers was vroeg-vroeg met 3-0 voor, waarop Namibië ʼn doel behaal het, en ʼn kort rukkie met 7-3 voor was.

Zimbabwe het die inisiatief oorgeneem en eers met 10-7 voorgeloop, om teen rustyd die botoon met 20-7 te voer.
Eers met Tromp se drie kon die wenspan sy neus weer voor kry.

Ná drie oorwinnings loop Namibië nou voor in die reeks, maar sy strafste toetse teen Kenia en Uganda lê nog voor.

♦ Jerome Paarwater se Keniane het Senegal in Nairobi met 45-25 geklop, en Uganda het Tunisië in Kampala met 78-17 verrinneweer.

Darwin Mukidza (Kenia) en Philip Wokorach (Uganda) het driekunste behaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.