Die Namibiese Welwitschias het Saterdag in Windhoek gekiedenis gemaak deur teen talle se verwagting in sy heel eerste wedstryd in die Supersportreeks te behaal.
Hy het die Valke met 45-43 geklop nadat hy rustyd reeds gemaklik met 42-24 voor was, en op die ou end net-net ʼn magtige teruggvegpoging van die Valke kon afweer.
Die tuisspan moes op die koop toe die grootste deel van die wedstryd met 14 man klaarkom, nadat sy heelagter, David Philander, tien minute voor rustyd ʼn tweede geel kaart gekry het en dit in ʼn rooie omgeskakel is.
Theuns Kotzé, die losskakel, het 15 van die Welwitschias se punte met ses doelskoppe en ʼn strafdoel aangeteken.
♦ In die Noorderafdeling het die Pumas in Nelspruit die Blou Bulle die tweede keer vanjaar op hul neus laat kyk.
Die tuisspan het met 35-29 gewen nadat die besoekers rustyd met 19-18 voor was.
Keer dat dit klap
Die gewese Blou Bul-losskakel, Kobus Marais, het vir 15 van die Pumas se punte gesorg deur met drie doelskoppe en drie strafdoele te slaag.
♦ Die Westelike Provinsie is steeds onoorwonne in die Suide nadat hy die Oostelike Provinsie met 39-24 (rustyd 22-17) op Stadspark in Athlone verslaan het.
♦ Op Ceres moes Boland keer dat dit klap om Grens met die kous oor die kop huis toe te stuur. Hy het met 21-20 gewen, nadat hy rustyd reeds met 21-5 voor was.
Die puntemakers –
Welwitschias 45 (42) – Drieë: Gino Wilson (2), Roderiques Victor, David Philander, JC Greyling, Lesley Kim. Doelskoppe: Theuns Kotzé (6) Strafdoel: Theuns Kotzé
Valke 43 (24) – Drieë: Johannes Pretorius (2), Shane Kirkwood, Grant Janke, Etienne Taljaard, Reg-Hack Muller, Marco Klopper. Doelskoppe: Christiaan Rust (4).
Pumas 35 (18) – Drieë: Marco Janse van Rensburg, Ryan Nell, Hennie Skorbinski, Frank Herne. Doelskoppe: Kobus Marais (3). Strafdoele: Kobus Marais (3).
Blou Bulle 29 (19) – Drieë: Shaun Adendorff (2), Franco Naudé, strafdrie. Doelskoppe: Tinus de Beer (2). Strafdoel: Joshua Stander.
OP Kings 24 (17) – Drieë: Wandile Mjekevu, Siyanda Grey, Michael Brink. Doelskoppe: Garrick Mattheus (3). Strafdoel: Garrick Mattheus.
WP 39 (22) – Drieë: Craig Barry (2), Macello Sampson, Jaco Coetzee, Chad Solomon, Khanyo Ngcukana. Doelskoppe: Brandon Thomson (3). Strafdoele: Brandon Thomson.
Boland 21 (21) – Drieë: Sergio Torrens, Divan Nel. Doelskop: Divan Nel. Strafdoele: Divan Nel (3).
Grens 20 (5) – Drieë: Sinovuyo Nyoka, Yanga Xakalashe, Oliver Zono. Doelskop: Oliver Zono. Strafdoel: Oliver Zono.