Namibiërs staan 4 toetsspelers aan klubreeks af

Namibië se Welwitschias speel Saterdag sonder vier van die span se toetsspelers wat die Oostelike Provinsie help klop het. Dié spelers neem deel aan die SA Rugbyunie (Saru) se internasionale klubreeks om die Goue Beker.

Gino Wilson (vleuel), Darryl de la Harpe (senter), Eugene Jantjies (skrumskakel) en Thomasau Forbes (flank) sal vir Western Suburbs in die reeks speel.

Wilson, De la Harpe en Forbes se plaasvervangers – Russel van Wyk, JC Greyling en Adriaan Booysen – het darem ook almal in ʼn mindere of meerdere mate toetservaring.

Helarius Kisting, wat Jantjies vervang, het nog nie toetsrugby gespeel nie.

Daar is vier veranderinge op die bank waar Thomas Kali vir Booysen en Francois Wiese vir Kisting vervang. Bigman Kaura vervang vir Shaun du Preez en Dirk von Weidts vir Heinrich Smit.

Die span –

  1. Macho Prinsloo, 14. Russell van Wyk, 13. Lesley Klim, 12. JC Greyling, 11. Johan Tromp, 10. Theuns Kotze, 9. Helarius Kisting, 8. Christo van der Merwe, 7. Adriaan Booysen, 6. Rohan Kitshoff, 5. Max Katjijeko, 4. Ruan Ludick, 3. AJ de Klerk, 2. Danie van Vuuren, 1. Des Sethie. Bank: 16. Bigman Kaura, 17. Christo McNish, 18. Manie Grobler, 19. Denzil van Wyk, 20. Thomas Kali, 21. Dirk von Weidts, 22. Francois Wiese.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.