Namibiërs verander op groot skaal ná loesing

Agt veranderings aan die Welwitschias se opdrafspan en ʼn volkome nuwe bank teen die Suidwestelike Distrikte in Windhoek volg op die Namibiërs se loesing van 29-78 teen die Luiperds in die Curriebeker- Eerste Liga.

Tussen die vaste vyf vervang Nelius Theron vir AJ de Klerk op vaskopstut, en Mahepisa Tjeriko vir Max Katjijeko op slot. Laasgenoemde skuif na die kant van die skrum in Thomasau Forbes se plek.

Rohan Kitshoff (as onderkaptein) is terug op die ander flank in Adriaan Booysen se plek, wat bank toe skuif.

Eugene Jantjies voer die span uit die skrumskakelposisie aan, terwyl Theuns Kotzé by hom as losskakel oorneem. Helarius Kisting is gepos.

JC Greyling vervang Darryl de la Harpe op binnesenter, en Russell van Wyk vir Johan Tromp op die regtervleuel. Tromp is op die bank gekies.

Die res van die nuwe bankspelers is Orbert Nortjé, André Rademeyer, Hauta Veii, Thomas Kali en Cameron Klassen.

♦ In ʼn voorwedstryd speel Namibië se voorste oop klub, Western Suburbs, teen die Griekwa-kampioen, Sishen, in die SA Rugbyunie (Saru) se opwindende internasionale reeks om die Goue Beker.

Die span –

15. Macho Prinsloo, 14. Russell vn Wyk, 13. Lesley Klim, 12. JC Greyling, 11. David Philander, 10. Theuns Kotzé, 9. Eugene Jantjies (kaptein), 8. Christo van der Merwe, 7. Max Katjijeko, 6. Rohan Kitshoff (onderkaptein), 5. Ruan Ludick, 4. Mahepisa Tjeriko, 3. Nelius Theron, 2. Niel van Vuuren, 1. Des Sethie. Bank: 16. Orbert Nortje, 17. André Rademeyer, 18. Hauta Veii, 19. Adriaan Booysen, 20. Thomas Kali, 21. Cameron Klassen, 22. Johan Tromp.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.