Namibiese klubs spook halfeindronde uit

Namibië se klubs spook Saterdag die halfeindstryde in dié land se klubligas op die Hage Geingob-stadion in Windhoek uit.

Buite Namibië sal die kollig die skerpste op die stryd tussen Westelike Voorstede en Wanderers van Windhoek in die Premierliga val, omdat die wenspan na alle waarskynlikheid die land in die SA Rugbyunie (Saru) se internasionale reeks om die Goue Beker sal verteenwoordig.

Wanderers het die mantel verlede jaar gedra.

Die Universiteit van Namibië (Unam) is die gunsteling om die ander halfeindstryd in die topliga teen Walvisbaai te wen.

Wanderers en Voorstede durf mekaar ook in die Reserweliga aan, met Unam wat in die ander botsing met Reho Falcon van Rehoboth kragte meet.

Die Etosha Lions het sy uitspeelwedstryd in die Eerste Liga teen Eastern Bulls van Gobabis met 29-24 gewen, met albei spanne wat vier drieë gedruk het.

Etosha speel gevolglik in die een halfeindbotsing teen Ocean Swallows van Lüderitz (Suid); en die West Coast Sharks van Swakopmund (Wes) kom teen Grootfontein (Noord) te staan.

Die wedstryde begin 10:00.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.