Nasiesbeker se tuiste Saterdag bepaal

Jaquin Diaz Bonilla – 20 punte. (Foto: YouTube)

Saterdag se kragmeting tussen Uruguay en die Argentynse Vyftiental in Montevideo, Uruguay, sal die tuiste van Wêreldrugby (WR) se Nasiesbeker bepaal.

Die twee spanne is tot dusver onoorwonne in vanjaar se toernooi.

Uruguay, die verdedigende kampioen, het Woensdag vir Opkomende Italië met 23-19 geklop, nadat die Italianers rustyd met 12-10 voorgeloop het.

Luidens berigte het die impak van die Uruguaanse bank ʼn groot bydrae daartoe gelewer dat die Kiewiete in die tweede helfte die oorhand gekry het.

Die Argentyne het, na berig word, aansienlik beter as in hul eerste wedstryd teen die Italianers gespeel om Fidji se Warriors met 75-15 af te ransel.

Hulle was deurentyd in beheer, en het teen rustyd reeds met 26-10 voorgeloop.

Die Argentynse losskakel, Joaquín Díaz Bonilla, het tien van sy span se 11 drieë verdoel om op sy eentjie 20 van sy span se punte op die telbord te plaas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.