Nat veld en glibberige bal kelder die Bulls

Duane Vermeulen. Foto: ANA

ʼn Nat veld en glibberige bal was nog nooit ʼn bondgenoot vir enige Suid-Afrikaanse rugbyspan nie.

Dit het die Bulls Sondagoggend (Suid-Afrikaanse tyd) opnuut in Buenos Aires besef toe die Jaguares hul Superrugbywedstryd met 27-12 gewen het nadat hulle rustyd met 7-3 voor was.

Die Bulls kon nie die reënweer en swak toestande baasraak nie. Maar dit het vir albei spanne gegeld en hoewel die Jaguares ook baie hanteerfoute begaan het, was hul verdediging soveel beter en het die druk wat hulle met hul opskietverdediging toegepas het, die Bulls in onnodige foute gedwing.

Die Bulls is menige keer agter die voordeellyn in besit betrap en hul gevaarlike snellers soos Warrick Gelant, Rosko Specman en Jesse Kriel het nooit behoorlike hardloopkanse gekry nie.

Die voorspelers, ondanks die inklimspel van Duane Vermeulen, kon ook nie behoorlike gesag afdwing nie.

Waar die Bulls verlede Saterdag die Stormers ore in die lynstane aangesit het en ook in die skrums in beheer was, het die Bulls se voorspelers gesukkel, veral nadat Trevor Nyakane die veld vanweë ʼn besering verlaat het en deur Dayan van der Westhuizen vervang is.

Bygesê, die Nieu-Seelandse skeidsregter Brendon Pickerill kon die tuisspan baie meer gestraf het, want hulle het op die onkantlyn geboer. Hulle was ook geniepsig, maar die Bulls het in hul strik getrap.

Maar kom ons wees eerlik, die Bulls het slae gekry omdat hulle nie die toestande kon baasraak nie.

Onthou gerus hoe die Bokke verlede jaar in die derde toets teen Engeland gesukkel het en geklop is, hoe Wallis die Bokke in Washington uitoorlê het, hoe baie van die Suid-Afrikaanse spanne in Nieu-Seeland kleitrap wanneer dit nat is.

Maar dalk was dit die nodige wekroep vir die Bulls nadat hulle verlede Saterdag so goed op Loftus teen die Stormers gevaar het. Die Superrugbyreeks is nie ʼn naelloop nie, dis ʼn marathon en jou vernuf word weekliks tot die uiterste beproef, soos jare gelede al geleer is.

Pas aan, wees bestendig en die stryd is half gewonne.

Puntemakers:

Jaguares 27 (7)

Drieë: Matias Orlando, Rodrigo Bruni, Bautista Delguy. Doelskoppe: Joaquin Diaz Bonilla (3). Strafdoele: Bonilla (2).

Bulls 12 (3):

Strafdoele: Handré Pollard (4).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

bolla ·

Groot pakslae. Foeitog die nulle het mos reeds weer die beker verlede week gewen.

Ai. ·

Nee ou kees 40.3 is n groot pakslae….kom by ou seun…
Ek moet se as daar darem een span wie se ondersteuners ek minder van hou as hul span dan is dit die stormers. Inteendeel ek moet se ek begin dit nou baie geniet as ander land se spanne selfs die oorsee se spanne wie ek verpes soos die Crusaders hul die stormers afslag eintlik enige ander span wat die Stormers trap sal n verkies bo die stormerpies..Hul was nog altyd twee gesig rugstekers…Kyk maar al die jare as die bokke die all blacks speel vir wie daai stormers voortand lose ondersteuners ondersteun… die all blacks ..Dit vertel my baie van hul rugraatlose karakter so ek moet erken na al daai jare van sien hoe daai trop mentaliteit rugstekers hul eie internasionale span die bokke afkraak op Nuweland is daar geen liefde in my hart vir daai soort van daar nie! Binnekort die stormpies wat oorsee gaan speel ne….ons sal sien ne,geen meer n gekoopte refs soos seconds om jul te red nie ne…Kyk hoe belaglik tree die refs / stormerkie op nadat hy weet hy het hul net net oor die lyn gehelp trek…Spring op en af soos n ballerina….ek kry sommer skaam vir sulke blatante onprofessionele optrede…..Maar ja hy is wat hy is en tree so op….siestog..

Ida Jordaan ·

Siestog Bolla sit was n korstondige oorwinning. Hulle jaar is gemaak deur my Stormers net tog eenmaal te kan wen

Phil ·

Ai Bolla, nou lê jou Weer Probeer span alweer heel onder in ons “conference” omdat die Bulle verloor het, en dit nadat Egon Seconds jou span gehelp het om jou span (sy pelle) te laat wen. Tipies WP, wil nie dat enige SA span teen oorsese spanne wen nie en dink net aan hulself. Dis hoekom jul hoof borg se naam op jul truie staan want dit gaan oor jul trofeekas. Dis Heeltemal Leeg…..

pieter ·

Danki bola dat jy so positief is en beker vi bulle gegee het ons waardeer ???? ma kyk wat het laasnag gebeur mense kyk net telling en nie statistieke ni

Michael ·

sien bolla laas naweek toe gaan hulle vreeslik aan klaar die beker gewen laas jaar het die nulle ook hul eerste wedstryd gewen en op die einde amper die HOUTLEPEL gewen.

Swartwolf ·

@bolla: snaaks jy was doodstil laas naweek toe die stormers afgeslag is. Bulls hoef nie die beker te wen nie maar daai 40 op die stormers laat my nou nog lekker kry. Stormers was power gister teen ‘n meer powere leeu span. Stormers gaan weer met 40 verloor die seisoen.

Baardman ·

Hulle het verlede week heel week hul wonde gelek .Dit was nie lekker op Loftus daar in die leeukuil nie.

Veritas ·

Ek verstaan nie so mooi nie. Het die Argentyne op ‘n ander veld en met ‘n ander bal gespeel? Boetas, as julle nie eers met hierdie nat bal kan speel nie, wat sou julle doen met die ou leerballe waarmee ons moes speel?

bolla ·

Volgens die skrywer is die speeltoestande, nat bal en ref te blameer. Die opponente het nie beter gespeel nie.

Veritas ·

Bolla, as die opponente gewen het, het hulle mos beter gespeel. Of hoe?

Stephan de S ·

Ek verkneukel my in die gespottery, getergery en erns vd rugbyentoesiaste. Maak darem die lewe n bietjie meer kleurvol. Rugby se groot waarde lê dalk in die spitsvondighede wat rondom die sport ontwikkel. Dink net hoe werk Bolla en die ander manne se koppe nou volstoom aan die volgende uitklophou. Mooi loop manne, moenie ophou met die bekkompetisie…….dit verryk ons woordeskat en uitdrukkingsvermoë aansienlik.

Leser ·

Ek is soooo bly ek is n Bul en bo hierdie negatiewe kommentaar kan uitstyg.

Wers ·

Ek support net een span. Dis die span wat teen die flou bille speel.

LOL ·

@ Stephan de S- ek geniet ook die opmerkings en solank ons besef meeste van die aanmerkings is “tong in die kies”. Ek verlustig en dit verstom my in die agressie wat dit soms ontlont!!

H ·

Al ons spanne kan goed doen as hulle net die basise goed reg doen, skop dadelik in jou eie kwart gebied tackle laag vat punte wat maklik is en kry n loskakel wat kan skepskop kyk waar jy pass los die
fancy staff tot almal die basise kan doen

Afrikaan ·

Ek stem H. Dis kommerwekkend dat AL die SA spanne alytyd kla oor die veld, toestande, ref ens. Dit wys net dat ons spelers glad nie in moeilike omstandighede kan aanpas en net die basiese spel speel nie. Hulle moet maar solank begin uitkyk vir die Japan verskonings…

Samuel Botha ·

Ja laas naweek het die Bulle hulle virlekker nou sien wat gebeur die naweek.

ac ·

Daardie was nie so ‘n groot telling soos wat hulle met die Stormers gemors het nie.

Johan Pretorius ·

Wat n swak wedstryd. Ek het nie byvoeglike naamwoorde om dit te beskryf nie.
Planloos, afrigtingloos en absoluut geen wil om rugby te speel nie. Hanteerwerk was uiters swak, voorspelers sowel as agterspelers. As n bal miskien gevang word, word dit eenvoudig weg geskop.
Die twee Springbok skrumskakels was uiters swak. Die span gaan nog baie skandes maak as hulle nie die wil het om rugby te speel nie. Afrigting is ook n groot probleem. Dit wil voorkom of die beste afrigters oorsee afrig en nie meer in Suid Afrika nie.
Die Bulle kort ordentlike stutte. Verder blyk dit op die oogaf of dit n goeie span kan wees as hulle net die wil het om rugby te speel.
Die verloor van die Lions teen die Stormers kan toegeskryf word aan n Stormers skeidsregter (was dit nie sy eerste Super wedstryd nie ?) en n uiters swak lynregter.
Die Bulle se verloor kan toegeskryf word aan n uiters swak vertoning.
SA Rugby weerspieel maar net die huidige swak toestand waarin die land hom bevind.

Eben ·

Goeie kommetaar Johan ….. so van afrigters geskrywe, die grootste foute wat ek dink wat gemaak is om Jimmy Stonehouse nie aan te stel nie. As daar een man is wat die Nulle tot Bulle kan terug bring is dit Jimmy. Maar nou ja gedane sake is gedoen en ons gaan weer met problem sit en my Blou Bulle trui in die kas bere met motte-gif! :-))

bolla ·

Is dit waar dat Pollard kelner gespeel het? Ek hoor hy gee driee op ‘n skinkbord weg.

Buffel ·

Van die stormers was soos tuinwerkers – nie goed op gras nie.

Gollie ·

Die stormers was in ‘n skermetseling betrokke op Loftus dis ‘n pakslae bolla wat hulle sal onthou,Die Bulle gee Stormers op hul tuisveld pakslae.

Brian ·

Die Leeus het verloor omdat die een Leeu nog soek is in Beaufort Wes,hahahaha

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.