Neerlaag, beserings dwing Poemas tot veranderinge

Die Poemas se afrigter Daniel Hourcade het, ná sy span se neerlaag verlede week teen die Springbokke en twee beserings, ses veranderinge aangebring vir die twee spanne se herontmoeting Saterdag in Salta.

Die neerlaag van 15-37 was een ding;  die wyse waarop die Poemas se skrum verniel is in die faset waarop hulle veral baie trots is, was vir die Hourcade-hulle ʼn groot vernedering.

Twee van die ses veranderinge is die vervanging van die stutte, een weens ʼn besering en die ander as ʼn skrumversterking waarop Hourcade hoop.

Die beseerde Nahuel Tetaz Chaparro word aan die loskopkant deur Lucas Noguera Paz vervang. Aan die ander kant van die skrum is Ramiro Herrera in die plek van Enrique Pieretto gekies.

Nog ʼn verandering aan die vaste vyf is die vervanging van Guido Petti deur Matías Alemanno.

Op agsteman kry Juan Leguizamón sy kans in die plek van die beseerde Leonardo Senatore.

Hourcade het ook die skakelpaar Martín Landajo en Nicolás Sánchez met Juan Martín Hernández en Tomás Cubelli vervang.

Argentinië

15 Joaquín Tuculet, 14 Ramiro Moyano, 13 Matías Orlando, 12 Jerónimo de la Fuente, 11 Emiliano Boffelli, 10 Juan Martín Hernández, 9 Tomás Cubelli, 8 Juan Leguizamón, 7 Tomás Lezana, 6 Pablo Matera, 5 Tomás Lavanini, 4 Matías Alemanno, 3 Ramiro Herrera, 2 Agustín Creevy (kaptein), 1 Lucas Noguera Paz. Bank: 16 Julián Montoya, 17 Santiago Garcia Botta, 18 Enrique Pieretto, 19 Marcos Kremer, 20 Javier Ortega Desio, 21 Martín Landajo, 22 Nicolás Sánchez, 23 Matías Moroni.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.