Negentien spelers gaan soek hul heil oorsee

Jesse Kriel. (Foto GB Jordaan)

Wanneer die laaste eindfluitjie van die huidige seisoen geblaas het, sal daar ’n rits Suid-Afrikaners wees wat hul tasse vir oorsese klubs gaan pak.

Buiten die enorme finansiële inspuitings wat hul bankrekenings sal kry – Handré Pollard kan byvoorbeeld tot R20 miljoen per seisoen by Montpellier verdien – is beter lewensomstandighede en meer speelkans van die groot redes vir die massa-eksodus.

Sale Sharks het die meeste SA spelers gelok. Die Bulls se Lood de Jager sal voortaan ’n Britse haai wees, maar dit is die plaaslike Sharks wat die meeste spelers aan dié Engelse klub sal afstaan.

Eben Etzebeth. Foto: Facebook.

Akker van der Merwe, Coenie Oosthuizen en die Du Preez‑tweeling (Jean-Luc en Dan) gaan almal in Manchester diens doen.

Die Bulls is egter die unie wat die meeste spelers gaan verloor, met agt spelers wat eersdaags vertrek.

Altesaam nege spelers sal vir Engelse klubs speel, drie vir Franse klubs en die res vir Japannese en Italiaanse spanne.

Die Cheetahs-breier, Franco Smith, sal in 2020 die hoofafrigter van Italië se nasionale span word.

  • Die groot uittog (lys soos deur SA Rugby Magazine opgestel):

Vodacom Bulls:

Handré Pollard (Montpellier, Frankryk)
Jesse Kriel (Canon Eagles, Japan)
Lood de Jager (Sale Sharks, Engeland)
RG Snyman (Honda Heat, Japan)
Jason Jenkins (Canon Eagles, Japan)
Hanro Liebenberg (Leicester Tigers, Engeland)
Eli Snyman (Treviso, Italië)
Hendré Stassen (Stade Français, Frankryk)

Cheetahs: 

Franco Smith (afrigter, Italië)

Kings: 

Michael Willemse (Edinburgh, Skotland)

Lions: 

Stephan Lewies (Harlequins, Engeland)

Sharks:

Rob du Preez (Sale Sharks, Engeland)
Jean‑Luc du Preez (Sale Sharks, Engeland)
Dan du Preez (Sale Sharks, Engeland)
Akker van der Merwe (Sale Sharks, Engeland)
Coenie Oosthuizen (Sale Sharks, Engeland)
Ruan Botha (London Irish, Engeland)

Stormers: 

Eben Etzebeth (Toulon, Frankryk)
SP Marais (Canon Eagles, Japan)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Calamarie ·

Ja, die held gaan vloei, maar dis nie die enigste motivering nie…

Judge Dredd ·

Lekker man, Lekker.
So word ons spanne bietjie vir bietjie getransformeer na “losers” toe.

Rupert Ashford ·

Etzebeth ook. Daar gaan al die vuur in die WP/Stormers se park…?

Frans C ·

Die uittog is niks nuut nie.Die Leeus het lank voor dit spelers verloor en toe is daar nie so’n ophef van gemaak nie.Die ander spanne sal maar net soos die Leeus van vooraf begin spanbou.

Derick ·

Wat is die regte rede?
Die Misdaad in SA
Die Kwota stelsel
Die geld
Miskien alles saam. Maar as ek n jong man was sou ek ook oorsee gegaan het.
Baie beter ekonomie
Geringe tot geen misdaad
Geen ANC regering wat inmeng in sport nie.

Loskop ·

Rugby in SA is nou in die intensiewe eenheid. Dit is net n kwessie van tyd, dan is die pawiljoene dolleeg. Totaal en al getransformeer.

Anoniem ·

Wat gesaai word in SA sal gemaai word – MENSE wil net nie hoor NIE

marco polo ·

Rugby is n werk. Baie mense verlaat die land om oorsee te werk, want daar is (beter) geleenthede, veral as jy blank is. Hoekom sal rugbyspelers dan nou anders wees? Maar ek is bevrees, wie gaan dan nog wil kyk na derderangse kwotaspelers.

kolla ·

Lys lyk onvolledig. Leyds, De Allende en EW Viljoen gaan ook weg by die Stormers.

Bul ·

@judge – windjies is hul reeds na die trek van sg springbokke val hul een Liga laer na die briesies toe. Darem ‘n tragedie en skande dat ‘n span met soveel werfbokke heel laaste op die SA super rugby log is.

Gemaskerde Sopbeen ·

Dis nou maar wat gebeur as ‘n regering sy land se geld-eenheid laat val tot op hulle vlak…..nikswerd. In 2000 het my buurman sy huis met inhoud verkoop, sy familie gevat en in Aus gaan hervestig, en hy kon ‘n soortgelyke huis as syne daar koop. Vir my om dieselfde te doen moet ek nou SEWE huise soos myne verkoop om EEN in Aus te kan bekostig…..en tog praat hulle van SA as ‘n “ontluikende ekonomie”? Wanneer gaan ons nou ontluik genoeg wees om saam met die groot honde te kan blaf? Toe ek gebore is moes Amerikaners $1,20US vir ‘n Rand betaal…..

Herman Goosen ·

Takties is Suid Afrikaanse spanne kankal nie meer opgewasse teen die eerste wêreld lande nie. Gelukkig betaal ek nie o. Satersae kwota rugby te ondersteun nue

Patrys ·

Spelers agter geld aan – goed gaan – jy sal eendag wyser wees.

Loui ·

wel nou gaan die paviljoune leeg loop, ons wil die bestes sien en nie B spanne nie, super rugby gaan n vinnige dood tegemoet

Susna ·

Van eens Wereld Beker titel houers tot Nulle. So word alles vernietig. Het lank gevat om te kon speen van Rugby maar nou het ek berus, sal nooit weer dieselfde wees nie. Wees gegroet. Mag dit goed gaan met hierdie manne wat nou die pad vat.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.