Net een skepdoel en alles was verby

Dan Carter (Foto: sanzarrugby.com)

Ek wonder darem hoe ver die All Blacks die Springbokke Saterdag in Wellington sou geklop het as Naas Botha in hul span was, of Derick Hougaard, of Jannie de Beer, of Morné Steyn, of Joel Stransky.

En wat van Jonny Wilkinson, Hugo Porta, Rob Andrew, Nicolas Sanchez, Jean-Patrick Lescarboura, Pierre Albaladejo, Didier en sy pa Guy Camberabero? Om nie te praat van Nieu-Seeland se eie Andrew Mehrtens of Dan Carter nie?

Net een skepdoel kon die verskil gemaak het, maar toe verloor die wêreld se beste span met 34-36.

Om te kan skepskop, is ʼn vaardigheid waarmee jy gebore word. Almal kan skepskop, maar nie almal kan die bal oorkry nie.

Aan die ander kant, die All Blacks-losskakel Beauden Barrett skepskop tog baie akkuraat af en in. Hoekom mik hy dan nie pale toe nie, of is dit teen hul grein omdat hulle net met drieë wil wen?

Wat help dít as ʼn span soos die All Blacks ses drieë teen die Bokke druk, maar steeds verloor?

As jy só daarteen gekant is, hoekom neem jy dan strafskoppe na die pale toe waar?

Volgens die All Blacks se plaasvervanger-skrumskakel, TJ Perenara, was dit nie vir hulle ʼn opsie nie, en sal dit ook nie wees as hulle in dieselfde posisie geplaas word nie.

Het die All Blacks dan só gou van die bittere nederlaag in die kwarteindstryd van 2007 se Wêreldbeker-toernooi teen die Franse vergeet toe hulle ook nie wou skepskop nie? Hulle is toe met 20-18 geklop en rou nou nog daaroor.

Wat van Stransky se wen-skepdoel in die Wêreldbeker-eindstryd in 1995 toe die Bokke in bykomende speeltyd die All Blacks met 15-12 geklop het? En Botha se twee skepdoele in 1986 (en nog een deur Michael du Plessis) wat die Nieu-Seelandse Kavaliers gekelder het?

Wat van die Bokke se twee skepdoele in 1976 (Dawie Snyman en Ian Robertson) toe die All Blacks die toetsreeks met 1-3 verloor het? Wat van Botha se twee skepdoele wat die Bokke so byna in 1981 die reeks in Nieu-Seeland laat wen het?

ʼn Mens wonder wat sou gebeur het as Carter of Mehrtens Saterdag gespeel het.

Vir die rekord: Botha het met 18 skepdoele in net 28 toetswedstryde geslaag, Wilkinson het 36 in 97 toetswedstryde deur die pale geklits, Porta 28 in 68 toetse en Mehrtens 10 in 70 toetse.

Daar is vier Franse in die lys van die wêreld se voorste skepskoppers, en drie Walliesers, twee Bokke, twee Engelse, twee Poemas en twee Skotte.

En Beauden Barrett? Nie een skepdoel in 67 toetse nie?

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Genieve ·

Ja ek stem saam want ek gesien Dawid Makenzie het agtentoe beweeg met die doel iemand gaan vir hom die bal pass om die skepdoel aan te stuur pale toe..maar ons die bokke het gewys daar steek darem nog iets in ons.

Henk ·

Kom ons kyk so na die prentjie – as Dyanti se hand NIE daai bi sep getref het nie, het die AB’s gedruk. En dan het hulle gewen. Skepskop? Ja goed en wel, maar waarom sal die AB hulle energie daarmee vermors as hulle toets op toets wen deur driee in te ryg?

Henry ·

Wys jou net wat die ongewone/onbekende druk op die AB’s en in besonder op Barrett gemaak het.
Sy selfvertroue wat gedurende die wedstryd hom moontlik in die steek gelaat het, het reeds tot ‘n hele paar ongewone en mislukte skoppe pale toe gelei, wat ook ‘n rol kon gespeel het. Miskien was hy te katvoet om nog ‘n mislukte poging pale toe aan te wend.
Sover my gebrekkige ervaring strek, is die losskakel mos die piet wat die “calls” maak.
Of hoe?

Johan ·

Henk is heeltemal reg. Hul OPSIE om eerder vir die drie te gaan, blyk geregverdig (dalk nie reg nie) te wees as mens kyk na hoe McKenzie in ‘n posisie geplaas is om te gaan druk. Gelukkig vir ons het Dyanti se hand die bal getref (nie eers ‘n soliede duikslag soos Faf de Klerk so jaar gelede in daai een toets nie) en soos Gollie skryf het dit toe nie vir die All Blacks uitgewerk nie. Geluk geluk geluk.

Sou ‘n skepdoel oor gewees het? Ons weet nie. Satisties het die AB’s en Barrett hulself nie vertrou om vir ‘n skepdoel te gaan nie. Hul keuse. Nie ons sin nie. Om nou dink ek te reken die Bokke was gelukkig net omdat die AB’s nie geskepskop het nie, is om oor te skryf wat net bespeigelings bespiegelings en nogmaals bespiegelings is.

Skryf dan eerder ons was gelukkig dat Barrett klomp skoppe gemis het – ja. Maar sulke snert oor die AB’s se keuse in die doodsoomblikke van die wedstryd – ag asseblief.

wolla ·

Ons het dit vir onsself moeilik gemaak teen die einde. Amper geen balbesit (die plaasvervangers wat laat in die wedstryd opgekom het was swak) in die laaste twintig minute en toe kry Willie nog ‘n geelkaart ook met 15 minute oor. Ons voorspelers kan nie bekostig om so te “fade” teen die einde nie. Gelukkig was die buffer hierdie keer net genoeg om deur te skuur…..

Richie ·

Ek is net verbaas dat niemand kommentaar lewer oor die All Black speler wat by dieselfde losgemaal waar Willie sy trekpas kry vir Francois Louw van kant af skoonmaak. Dit nadat ons goed geskarrel het om ‘n drie te verhoed. Die skeidsregter was in goeie posisie maar verkies om dit mis te kyk. Ons moes dus ‘n strafskop kry voor Willie se daad. Willie het gedoen wat enige ander speler van beide spanne sou doen( Bal stadig maak)

Met die 14 punte voorsprong sou die bokke met meer vryheid kon speel en sou die All Blacks moeilik hul laaste 2 driee aanteken….

All Blacks was meer gelukkig om teen 14 man te speel as ons wat gelukkig moet wees vir hul swak korrelwerk pale toe

Stem saam ·

Richie ek stem 100% saam met jou. Daar was male sonder tal, die skoonmaak van die losgemaal van die sykant en spelers heel uitgehardloop & die skeidsregter is in die bokke se spel/doel gebied in die pad waar hul moet verdedig omdat hy al die drie namens die AB gedruk het. Gaan kyk weer die wedstryd en hou hom dop. Hy was beslis eensydig. AB is goeie drie drukkers, maar hul speel beslis ook die vuilste en teen die reels en kom weg daarmee omdat hul nou die span is, dit oorskadu hul talent en spel. Willie is ‘n goeie speler.

Hendrik UAE ·

LOOKS AT THE SCORE BOARD! And eat your heart out.Hehe daar is nie pille vir domgeid nie.As jy jou kanse nie gebruik nie verstik dan maar in jou bitterheid.N wen is n wen.

Ruan ·

Ek sal se in daardie tweede helfdte was ons probleem dat ons nie manne het wat baljag nie. Al wie daar is is Marx en as hy geneutraliseer word, dan is daar nie iemand anders nie. Ons nodig Brussow of iemand soos hy wat dit vir ons kan doen.

wolla ·

Jy’t ‘n punt beet. Jy’t ‘n woelige speler nodig hier teen die einde wat die veld vol speel. Kwagga kan ‘n verskil maak as impak speler teen die einde. Dit was ook ooglopend dat ons voorspelers begin vou het nadat ons enigste wereldsterre, nl: Marx, Kitshoff en Eben vervang is.

Andre ·

Baie dauidelik dat die game gegooi was. Daar gaan `n paar mense met lekker bankstate wees vanoggend.

Hendrik UAE ·

Richie,Dit is mos laaaaaaaankal nie meer snaaks dat die magtige AB se foute misgekyk word nie.Kyk na die totale strafskop telling ek dink 10 teen 3?Dan het die hulp skeidsregter ook blykbaar uitgekyk vir BOK foute en uitgewys van Willie en blykbaar hier op die einde van ons manne wat onkant was.Kyk ek was een van die grootmonde wat gehoop het dieAB wen.Maar toe Cosato met hulle rassisme by kom was ek skoon betjoinks en het al die pad vir Rassie se part gehoop die “dice” rol na ons kant toe.

Wesley ·

AS Stransky daai skepdoel gemis het in ’95, AS Larkham daai skepdoel gemis het in ’99, AS Wayne Barnes daai voorentoe aangee gesien het in ’07, AS daai drie toegeken was vir Engeland wanneer Rossouw vir Cueto net-net uitgeduik het in ’07, AS Bryce Lawrence nie die kwart-eindstryd geblaas het in ’11, AS AS AS…. Rassie het gese, wen ten alle koste. Bokke het so gemaak. Einde van die storie, en voorentoe kyk na die volgende wedstryd.

alwyn burger ·

Pieter-S. , hoekom die traantjies grootman?. Koelkoppe is nie seker of die Springbokke gewen het en of die AB nie maar net verloor het nie. ( afdag op kantoor)

Johan ·

Richie, Hendrik UAE – stem saam. En in 50ste minuut (as ek nou reg onthou) word strafskop aan AB gegee meters van Bok-doellyn. Rede? Agterlyn onkant. Ek het in “slow motion” weer gaan kyk en dis bog – hulle was nie onkant nie. AB’s het skrum verkies en toe gaan druk.

Wille le Roux se “onkant”. Hy het van agter af gekom en was “op die beste/slegste” onkant. Nie “siniese onkant” nie (volgens skeidsregter) en dus definitief nie geelkaart oortreding nie.

Wat van die nommer 6 flank van AB’s wat vroeg in wedstryd toe ons gedruk het, vir Warren Whiteley laat en SONDER arms wat bind ge-skouer duik het. Dit was meer waarskynlik geelkaart materiaal. Die flank het wel sy straf gekry (is beseer van die veld af), maar dit was myns insiens ‘n geelkaart en dus 14 manvir die AB’s. Geen lynregter sien dit egter nie.

Ek stem ·

Absoluut, nog ‘n besliste rugby kenner wat die wedstryd gekyk het, Die nr 5 het ook ‘n paar keer sommer van die sy af ingegaan. Ek noem bo ook, dat die skeidsregter sommer al regt was vir die drie agter die doellyn, soveel so dat hy in die pad van die verdedigers was. Kyk vroeer jare se Gobabis tannies het met huls ambrele (daar is baie son en warm son) langs die veld gestaan, as jy as speler of skeidsregter sulke streke het, is jy net daar uitgesorteer. Daar was met respek teen daardie spelers gespeel en op hul dag goeie sport sterre opgelewer. As my span iets verkeerd doen, moet hul gestraf word, maar so ook die ander, ek haat onregverdigheid en met die AB kan mens sien hul is ookal gewoond die skeidsregters sorteer hul uit, hul spel is baie goed, maar beslis is hul nie sonder hulp.

Niklaas ·

Bok ondersteuners is almal verheug oor die deurskraap oorwinning. Soos die ander lesers hier meld , kon dit baie maklik anders verloop het. Ons moet nou net onthou dat die AB s hier in SA ook moet kom speel , en net soos ons , is hul n trotse spul wat swak verloorders is. So , die Loftus stryd gaan erg wees , want hul is onder druk in NZ om wraak te neem in SA en hul gaan BAIE oorgehaal wees . Dit sal een reuse wedstryd wees.

ac ·

Hulle sal maar net moet afkoel dit help nie om wraak te wil neem nie,dan kom hulle tweede soos Saterdag want hulle het gedink dis weer ‘n weghardloop oorwinning toe word hulle verras.

Conrad ·

Rassie se gesindheid ná die wedstryd toon aan dat hy die regte afrigter is. As hy gesê het: ”n Wen is ‘n wen.’ Of iets soos: ‘Looks at the score board’ sou dit aandui dat hy géén begrip het van rugby nie. Nee, hy het gesê die Bokke was gelukkig om te wen. Rassie, met dié realisme van jou laat bied jy geleentheid om beter te doen. Persoonlik verkies ek ‘n mooi verloor bo ‘n slegte wen.

JKwi ·

sien die Saffas is ALMAL weer beter refs LOL. Dis 1 game. 1 game. Kom ons kyk hoe vaar julle vorder in die volgende paar maande.

LHS ·

Want Rassie WEET dit gaan nie gou weer gebeur nie. Niks fout met ons spelers of afrigters nie, wel misdadig en krimineel om mense wat dit werklik verdien om gekies te word, nie te kies ter wille van politieke agendas nie.

Johan ·

JKwi, nee nee. Die trend eerstens deur die gesprekke is deurgaans dat die wedstryd enige kant toe kon gegaan het. Tweedens het ons feite itv die skeidsregter genoem. Wat jy gerieflikheidshalwe nie noem nie, is dat die Kiwi koerante die skeidsregter blameer -maw in jou woorde is die Kiwis weer beter refs :) :) of in ons opinie is die Kiwis swak verloorders.

As jy dink ons SAFFAS is NIE beter refs nie, hoekom bewys jy ons nie verkeerd in elke liewe insident wat ons genoem het met die korrekte weergawe nie?? Ek sien nogal uit na jou “kennis” van die spel :)

Onthou – in rofweg 80% (?) losgemale en afbreukpunte kan die skeidsregter ‘n strafskop gee aan enige van die twee spanne. Skeidsregters blaas die spel soos hul oordeel hy “moet vloei”. Dalk moet rugby as spel weer na die reels kyk en dit eenvoudiger maak?

Ollie ·

Waarvoor al die blydskap, die Bokke het verloor, n mens kan nie so een ag as n een nie, noem dit geluk, want dit is wat dit was. Sou die AB al hul skoppe oorgeskop het of net een strafskop, was dit n een en n verloor vir SA. Rassie moet pak

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.