Net vyf van laaste toets, vier Kings in Allister se Bokgroep

Vier spelers van die Southern Kings, al drie verlede jaar se skrumskakels wat weggelaat is, en net vyf van die opdrafspan in die laaste toets teen Wallis verlede jaar, kenmerk die groep wat vir die derde en laaste Bokkamp aangekondig is.

Die kamp sal van 21 tot 23 Mei in Johannesburg gehou word waarna die Springbokgroep van 31 vir die inkomende toetse teen Frankryk, en ook die SA A-span vir die wedstryde teen die Franse Barbarians, bekend gemaak word.

Daar is volgens Wêreldrugby se reëls geen oorsese speler se naam op die lys van genooides nie en ook geen Cheetahsspelers is na die kamp genooi nie. Die Cheetahs toer tans oorsee.

Die vier Kings wat onder die 39 spelers is, is die flank Chris Cloete, die agsteman Andisa Ntsila, die losskakel Lionel Cronje en die vleuel Makazole Mapimpi.

Die Lions word deur 11 spelers op die kamp verteenwoordig. Daar is ook 10 Stormers, agt Sharks en ses Bulls in die groep wat gekenmerk word deur redelike ervaring met ʼn paar jonges soos Jean-Luc du Preez, Lukhanyo Am, Ruan Botha, Thomas du Toit, Warrick Gelant en Sikhumbuzo Notshe wat ook die oog gevang het.

Chiliboy Rallepelle is na sy oorsese skof, wat ʼn lang skorsing vir die gebruik van ʼn verbode middel ingesluit het, saam met Malcolm Marx en Bongo Mbonambi, een van die drie Bokhakers.

Handré Pollard, wat net aan  die regkom was toe hy beseer is en vir die drie Franse toetse of die SA A-span oor die dieselfde tyd beskikbaar is, is oor die hoof gesien. Pat Lambie, wat weer na nóg ʼn kopbesering Saterdag versigtig deur die Sharks bestuur word en nie die naweek speel nie, is wel genooi.

Die drie skrumskakels in die groep is Ross Cronjé van die Lions, en Jano Vermaak en Dewaldt Duvenage (albei Stormers). Faf de Klerk, Rudy Paige en Piet van Zyl van verlede jaar is nie een genooi nie.

Lood de Jager, na nóg ʼn so-so seisoen, en Damian de Allende, wat nog nie in ʼn wedstryd getoets is nie, is ook in die groep.

Adriaan Strauss (uitgetree), Lourens Adriaanse, Nizaam Carr (albei weggelaat), Uzair Cassiem (oorsee met Cheetahs), Faf de Klerk, Jamba Ulengo (albei weggelaat), Rohan Janse van Rensburg (beseer), Francois Venter (oorsee met Cheetahs), Ruaan Combrinck (beseer) en Johan Goosen (tydelik uitgetree) van die beginspan teen Wallis, en Piet van Zyl (weggelaat) en Steven Kitshoff (oorsee) van die plaasvervangers is nie in die groep nie. 

Die oefengroep –

Lukhanyo Am (senter, Sharks), Ruan Botha (slot, Sharks), Chris Cloete (flank, Kings), Andries Coetzee (heelagter, Lions), Lionel Cronjé (losskakel, Kings), Ross Cronjé (skrumskakel, Lions), Damian de Allende (senter, Stormers), Lood de Jager (slot, Bulls), Ruan Dreyer (stut, Lions), Jean-Luc du Preez (flank, Sharks), Thomas du Toit (Sharks), Pieter-Steph du Toit (slot, Stormers), Dewaldt Duvenage (skrumskakel, Stormers), Eben Etzebeth (slot, Stormers), Warrick Gelant (heelagter, Bulls), Lizo Gqoboka (stut, Bulls), Elton Jantjies (losskakel, Lions), Siya Kolisi (flank, Stormers), Jaco Kriel (flank, Lions), Jesse Kriel (senter/heelagter, Bulls), Patrick Lambie (losskakel, Sharks), Dillyn Leyds (vleuel, Stormers), Frans Malherbe (stut, Stormers), Makazole Mapimpi (vleuel, Kings), Lionel Mapoe (senter, Lions), Malcolm Marx (haker, Lions), Bongi Mbonambi (haker, Stormers), Franco Mostert (slot, Lions), Tendai Mtawarira (stut, Sharks), Sikhumbuzo Notshe (flank, Stormers), Andisa Ntsila (agtsteman, Kings), Trevor Nyakane (stut, Bulls), Coenie Oosthuizen (stut, Sharks), Chiliboy Ralepelle (haker, Sharks), Jan Serfontein (senter, Bulls), Courtnall Skosan (vleuel, Lions), Jano Vermaak (skrumskakel, Stormers), Harold Vorster (senter, Lions), Warren Whiteley (agtsteman, Lions).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Veritas ·

Sal nogal interessant wees om te weet watter kriteria gebruik word om spelers na oefengroepe te nooi. Vir my wil dit voorkom asof hier na grashalms gegryp word. Pat Lambie, wat harsingskudding kry as hy sy tande te hard borsel, word genooi. Dit maak mos geen sin nie. Spelers word genooi en uiteindelik gekies vir die Springbok oefengroep, bloot op die gevoel van dir bokafrigter. Waar is die dae van proefwedstryde? Daar kon die keurkomittee na hartelus die spelers in verskillende kombinasies rondskommel en besluite neem met dít wat hulle sien en nie van droom soos tans die geval is nie. Springbokkleure is nou so goedkoop gemaak dat dit nie meer die droom van elke skoolseun is nie. Jammer om dit te sê, maar SA rugby is in sy maai. Talentvolle spelers word op skool geteiken vir oorsese markte en die droom van Springbokkleure brand nie meer in die harte van skoolseuns nie. Die hele rugby stelsel in SA is ‘n raap en skraap affêre. Van laerskool tot Superrugbyvlak is dit een groot gemors. Kykergetalle bepaal die gewildheid van ‘n sportsoort en soos dit deesdae lyk, was Danie Craven reg toe hy gesê het dat geldrugby, die dood van die Springbok sou beteken.

What a joke! ·

Die grootste probleem naas die afrigters ,politieke inmenging,kwotas en verlies van al ons jong talent oor kwotas en beter geld oorsee is hoe wedstryd fiks die manne is met die uitsondering van n paar soos Warren Whitely wat wel is! Die All blacks hardloop draaie selfs sirkels om sommige amakrokkoboko spelers soos n jagluiperd rondom n dragtigge seekoei koei…..gaan draf maar nog so paar duisend maal Om die blok boys…pakslae is jul voorland!

Danie ·

Wel ons provinsiale spanne speel so swak,watse kompetisie gaan daar wees vir ons springbokke op internationale vlak,soos hier bo geskryf word ons talent wat daar is gaan verlore

Frans C ·

Soos gewoonlik trap Coetzee terwille van transformasie weer klei.In rugby gaan dit ook oor kombinasies.Oorlede Doc Craven het na bewering gesê een briljante speler kan uitgeskakel
word,maar goeie kombinasies maak altyd ‘n plan.

Jy begin dus met ‘n voorry wat op die oomblik die beste vaar en dit is die Leeus,die beste
slotpaar tans ongetwyfeld die Stormers.Nou het jy die vaste vyf. Op die Bank Mostert.

Nou doen jy dieselfde met Suid Afrika se 2de beste span op die oomblik nl die Sharks.
Hul voorry het gesukkel teen die Kings.Wat die probleem was weet ek nie.

So herhaal ‘n mens die proses totdat jy drie pakke vaste vyf het.So herhaal ‘n mens die proses met die losvoorspelers,skrumskakel , losskakel , en senter kombinasies en agterste driehoeke.

As jy klaar is behoort jy met die spanne van 15 te eindig, ‘ A’,’B’ en ‘C’ span elk met hul eie reserwes.Op die oefenveld kan jy nou proefwedstryde hou deur eers die B en C span te laat speel.Wanneer dit klaar is kies jy ‘n span uit die twee met reserwes om teen die ‘A’ span ‘n wedstryd te speel.

Na twee dae behoort jy te weet wie die beste 23 spelers is om Suid Afrika te verteenwoordig,want jy het soos die All Blacks die ‘Probables’ teen die ‘Possibles’ laat speel.

Valerie ·

Die Fransmanne gaan sirkels om die klomp hardloop al kom die Franse met ‘n B-span.

Piet Pille ·

Frans so korrek opgesom, en so was dit altyd ook gewees met proewe, maar blykbaar is die metode bo-kant die afrigtingspan se begrip. Ploeter maar voort.

Ray Lombard ·

Ek is ‘n Stormer, maar ‘n Bok ondersteuner eerste. Dis duidelik dat die Leeu spelers strate beter as ons ander spanne is. Om te wen, het jy kombinasies nodig. Kyk na die volle Leeu span en kyk hoe kan jy dir versterk Die Stormer slotte beslis, en jy moet plek maak vir Kolisi en Thomas du Toit. Die skrumskakels is doodgewoon, Faf is ‘n terrier(nie gekies nie, ai) Agterlangs, weereens, kombinasies. Voster is oraait, maar nie ‘n Ruan nie. En soos Dok Craven gese het, enige fool kan vleuel speel. Ons het goeie fools. En skiet my maar, ek dink steeds Willie le Roux kry weer speelkans. Ons het min Xfaktor spelers in die agterlyn. En met die meerderheid Leeus in die span gaan Warren die kaptein wees. Maar nouja, AC is die afrigter en ons ondersteuners het almal ons eie idees spanne en spelers,

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.