Newcastle in sy noppies met proewe se sukses

newcatle-highlandersBoschpick Newcastle Highlanders se hoofafrigter is in sy noppies met die vier spanne wat Vrydag vir die klub se proewe opgedaag het, in weerwil daarvan dat die deurdringende reën oefening verlede week onmoontlik gemaak het.

Die klub stuur Saterdag twee spanne na Piet Retief se jaarlikse rugbydag, waar hulle teen Standerton te staan sal kom.

André Swanepoel, die Highlanders se afrigter, sê daar het wel enkele manne by die proewe opgedaag wat nog nie geoefen het nie, maar as hulle wil rugby speel, gee hy hulle die kans.

“Die spelers wat die getrouse geoefen het, sal egter voorkeur kry by die kies van die spanne vir die vriendskaplike wedstryde.”

Swanepoel sê die o.20-groep het baie goed gelyk, en dit sal interessant wees om te sien hoe die spelers vanjaar in die KwaZulu-Natalse Liga vaar.

“Tussen die senior manne is die losvoorspelers dun gesaai, en daar is `n gebrek aan diepte by die slotte.

“Spelers soos André Fourie (flank), Allister Keet (slot), Wynand Pelser (loskopstut) en Siswe Mavundla (vaskopstut) is nog nie beskikbaar nie, en `n baie onervare agttal sal Saterdag opdraf.

“Puik agterspelers het egter by die proewe na vore getree.

“Die blitsige Ferrari Hadebe (linkervleuel) sal eers begin April beskikbaar wees. Hy sal erg gemis word, maar die volgende speler kry sy kans en moet dit aangryp,” het Swanepoel aan Pale Toe! gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.