Nienaber kies span om All Blacks te probeer tem

Frans Steyn is op die plaasvervangersbank teen die Kiwi’s ingesluit. Foto: Charly Triballeau/AFP.

Ná twee agtereenvolgende nederlae soek ’n mens eintlik na ’n maklike teenstander om weer op die wenpad te kom. Dit is egter te betwyfel of die All Blacks die antwoord op daardie soektog is.

Die Springbokke speel Saterdag in hul 100ste toets teen Nieu-Seeland in Townsville en selfs al is die Suid-Afrikaners die verdedigende wêreldkampioenspan, is die All Blacks ongetwyfeld die gunsteling om die wedstryd te wen.

Veral nadat die Bokke se verdedigingswiele lekker teen Australië afgeval het.

Springbok-hoofafrigter Jacques Nienaber het ’n paar veranderinge aan die span aangebring wat so sleg teen die Wallabies verloor het. Kwagga Smith vervang vir Franco Mostert op flank, terwyl Lood de Jager in Marvin Orie se plek is.

Kwagga Smith begin op flank teen Nieu-Seeland. Foto: Gianluigi Guercia/AFP.

Franco Mostert is op die plaasvervangersbank, terwyl Elton Jantjies en Frans Steyn ook as impakspelers op die veld sal verskyn.

“Dit is altyd ’n reusetaak om teen die All Blacks te speel. Hul spelers baljaar wanneer hul omgekeerde balbesit bewerkstellig en hulle weet hoe om geleenthede in punte om te skakel,” het Nienaber gesê.

Volgens die beleërde afrigter kan Elton Jantjies en Steyn se ervaring van onskatbare waarde wees; hulle weet wat dit verg om die Kiwi’s te klop, terwyl hulle vaardigheidsgewys ook vir iets anders in die Bokspan sorg.

“Elton en Frans lyk baie goed op die oefenveld, hulle is al vir jare deel van ons opset en weet hoe om in drukwedstryde te presteer.”

Hoewel Springbok-ondersteuners dikwels mor dat Smith te klein is om veel van ’n verskil as ’n losvoorspeler te maak, het hy destyds goed teen Nieu-Seeland in Wellington vertoon.

Die voormalige Blitsbok-speler het toe 15 suksesvolle duikslae uitgevoer, twee verdedigers in sy agt lopies geklop en twee keer vir omgekeerde besit gesorg.

Die wedstryd begin Saterdag om 09:05 en sal regstreeks op SuperSport uitgesaai word.

Springbokke: Willie le Roux (heelagter), S’bu Nkosi (regtervleuel), Lukhanyo Am (buitsenter), Damian de Allende (binnesenter), Makazole Mapimpi (linkervleuel), Handré Pollard (losskakel), Faf de Klerk (skrumskakel), Duane Vermeulen (agtsteman), Kwagga Smith (flank), Siya Kolisi (kaptein en flank), Lood de Jager (slot), Eben Etzebeth (slot), Frans Malherbe (stut), Bongi Mbonambi (haker) en Trevor Nyakane (stut). Plaasvervangers: Malcolm Marx, Steven Kitshoff, Vincent Koch, Franco Mostert, Marco van Staden, Herschel Jantjies, Elton Jantjies en Frans Steyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Jack ·

Go All Blacks ! Ons ondersteun julle baie eerder as die tranformasie spannetjie.

KB ·

Ek sal nooit ‘n ander land se span/ne ondersteun nie, maar ek weerhou my beslis daarvan om die huidige “Protea rugbyspan” te ondersteun.

Afriperd ·

Stem 100% saam dis al n lang tydjie wat hy niks doen nie, mens sien hom nerens op die veld nie. Maar dis mos die nuwe gesig van SA Rugby.

piet ·

Hy’s baie beter as Kwagga en was goed teen die Leeus. Vermeulen is ook stadig en onfiks deesdae. Kan maar iemand anders in sy plek ook kies tot hy weer bykom met sy fiksheid.

piet ·

Kwagga. LOL. Die AB’s gaan daai lappop rondruk soos ‘n, wel, lappop.

Niklaas ·

Ons moet die arme Bokke maar ondersteun, maar dis moeilik om optimisties of positief te wees. Daar is een troos…ons kan nie juis swakker speel as in die vorige twee wedstryde nie. Ek dink nie so nie ! Ongelukkig is daai Allblacks soos ‘n masjien wat goed geolie is en is een gedugte span. Laat ons maar sien wat gebeur.

piet ·

Die probleem is ons speel teen ‘n nog sterker span as Australie.

piet ·

Vermeulen is onfiks, nie naastenby die speler van voorheen nie. Ons mis vir Du Toit. Kolisi, Van Staden en Du Preez sal my lostrio tans wees. Kolbe se besering is ‘n groot slag. Lyk my hy speel ‘n groot rol in die organisering van die verdediging wat nou heeltemal in die hek geduik het. Faf en Pollard oefen seker hard hierdie week aan die wedstrydplan van wie van hulle tweetjies die meeste balle kan wegskop.

Harley Davidson ·

Laat weet hoe dit vir julle uitwerk ek ondersteun die All black.

piet ·

Ek ondersteun my land deur dik en dun al verloor hulle ook met 50 punte. Bly my span as Suid-Afrikaner. Dit beteken nie jy kan nie ‘n baie goeie span soos NZ bewonder nie, maar ‘n ander land ten koste van my eie ondersteun, aikona.

SjN ·

Hoop net ons sien n paar volle agtterlyn beweging sonder skoppe, indien Faf moet skop volgens wedstrydplan, skop n paar meter hoer, miskien werk dit die keer.

piet ·

Dis soos om te hoop die maan is van kaas gemaak, gaan nie gebeur nie.

SAC ·

Kwagga word op flank gekies, nie slot soos in artikel genoem. En Elton Jantjies kom terug, nie Herschel Jantjies, hy was reeds deel van span

piet ·

Ek wil net een regstelling aan die berig maak. Kwagga het nog NOOIT goed vertoon in ‘n Bok-trui nie.

KB ·

Piet, wat HET jy teen Kwagga? Jy sê hom sleg op elke plasing…

Moeggeploeg ·

Bokke gaan slae kry. Hulle kan nie planne maak op die veld nie. Faf skop als weg

Jr ·

Ha ha ha my maag is al seer gelag. All Blacks tem – ASSEBLIEF

Dirk Mostert ·

Die verdedigingswiele het afgeval. Wie is nou weer die verdedigingsafrigter?

KB ·

Wat ‘n verleentheid het rugby nie geword nie!

Die nuwe reels is absurd, die skeidsregters partydig, die spelers oorbetaald/onfiks en die toeskouers al hoe minder. Waar is die dae van geharde kwaliteit spelers?
Bring terug die ou reels van die 60’s/70’s toe rugby nog ‘n man se sport was, toe jy nog 80 minute aanmekaar gespeel het, toe “treintjie-ry” nog obstruksie was, toe ‘n vleuel nog die bal in die lynstaan ingegooi het, toe daar nie opgetel was in die lynstane nie, toe die voorspelers nog in die skrums en losskrums besig was (en nie in die agterlyn rondgehang het nie), en toe ‘n skrumskakel die bal nog reguit moes ingooi in die skrum!

Ek sny deesdae eerder gras as om voor die TV te sit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.