Nieu-Seelanders kan nie ʼn pak op die ken vat

Die klein skare in Wellington tydens Sondag se sewes-eindstryd tussen die Blitsbokke en Fidji. Foto stuff.co.nz

Die klein skare in Wellington tydens Sondag se sewes-eindstryd tussen die Blitsbokke en Fidji. Foto stuff.co.nz

Die Nieu-Seelandse rugbyondersteuners het hul ware kleure die afgelope naweek in Wellington gewys.

Toe die All Blacks se sewesspan nie die mas kon opkom nie, het die kleinerige skare ook genoeg gehad en die hasepad gekies.

Dit was ʼn absolute skande dat die Blitsbokke en Fidji in ʼn feitlik leë stadion in die eindstryd moes speel.

Die New Zealand Herald berig dat  daar slegs 10 000 toeskouers op die laaste dag was, maar dat die skare tot 1 000 gekrimp het nadat die Argentynse Poemas die Nieu-Seelanders om die uitspeelplek vir die vyfde plek geklop het.

En toe gooi die gewese afrigter van die Blacks se sewesspan, Gordon Tietjens, ook nog olie op die vuur om te sê dat die toernooi na Fidji of Samoa geskuif moet word. Hy het ʼn baie goeie punt beet. As die Nieu-Seelanders werklik vir hul bure omgee en die spel daar wil ontwikkel, moet hulle dit baie sterk oorweeg.

Die Nieu-Seelanders het gewys dat hulle nie ʼn pak op die kennebak kan vat nie.

Waar is die “gawe” Nieu-Seelanders wanneer die All Blacks wen, die klomp wat hul hande om die teenstanders se skouers sit en met hulle simpatiseer?

Ek het dit jare gelede agtergekom, veral in 1995 toe die All Blacks teen die Bokke in die Wêreldbeker-eindstryd verloor het. Die Bokke het in bykomende speeltyd gewen en toe pak die afrigter, Laurie Mains, die skuld op ʼn kelnerin Suzie wat sy spelers glo vergiftig het.

Wat sou gebeur het as Andrew Mehrtens met sy skepskop geslaag het en Joel Stransky syne links getrek het? Sou Suzie nog bestaan het?

Die aand ná die eindstryd op die banket storm die All Blacks toe boonop uit nadat Suid-Afrika se rugbybaas dr Louis Luyt te kenne  gegee het dat die All Blacks en Wallabies se oorwinnings in die WB-toernooie van 1987 en 1991 maar flou sonder die Bokke was.

Dis nooit lekker om te verloor nie, maar gun die wenspan darem ook sy plekkie in die son.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Connie ·

Ek het ook gedink dis swak van hulle om die rugby so swak te ondersteun. Een van die Franse spelers het dit ook genoem tydens ‘n onderhoud met hom. Ja, wat skuif dit na ‘n land wat rugby waardeer.

Swak spangees ·

Swak spangees dit is maar al wat dit is! Selfs Suid-afrikaners wat hul ondersteun maak ook so, baie slim as NZ wen, maar katterig as hul verloor. Iemand moet wen en iemand moet verloor en dit kan nie altyd dieselfde een wees nie!!!! Well done aan die Blitzbokke, werklik ‘n groep mense (nederig, gelowig en hardwerkend en nie altyd fout by iemand anders soek nie) wat hierdie land se trots is!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Jaybee ·

Ek dink dit is ‘n baie goeie idee om die toernooi te skyf na Fidji toe. Stem ook saam met die stelling wat Louis Luyt destyds gemaak het. Dit sal egter op vandag se Springbokke van toepassing wees nie.

Anton ·

Dit gebeur reg oor die wereld en is nie net NZ nie, kyk maar as die Crusaders in SA speel wat gebeur.

All Black All The Way ·

Kyk, 7’s skeel my nie veel nie. Ek spring selfs op en af en skreeu vir die Bokke as hulle speel, maar dit gaan maar orals so.

Niemand hou van verloor nie.

Kom ons kyk of die Bokke die 7’s se glorie kan oordra na die 15 man kode toe.

Gaan groot NZ. Kan nie wag vir die Super Reeks en Internasioenale rugby reeks nie.

Frans C ·

Dit is nou eenmaal ‘n slegte karaktertrek van die mensdom,niemand wel met ‘n verloorder
geasssieer word, want verloor skep negateiwe gevoelens. Dit is daarom dat pawiljoene van verloorspanne leegs is en borge traag is om hul te ondersteun.

Ek het trouens die gevoel gekry dat selfs met die belangrikste referendum ooit, mense “JA”
gestem het omdat ‘ja’ as positief en ‘nee’ as negatief, en nie so seer uit weloorwoë opninies nie.

Jack Russl ·

Die probleem is nie nuut nie. Die bywoning by die NZ 7s is al vir ‘n paar jaar besig om af te neem. Dit sal verseker beter wees om dit te skuif na ‘n land waar die stadion volgemaak kan word. Ek twyfel of dit in Fiji en Samoa gaan gebeur. Daar is net nie genoeg mense om vir 2 dae op die stadion te sit nie, hulle hele ekonomie gaan stilstaan en net konsentreer op die 7s. Hulle sal ‘n ander land moet nader. Skotland of Wallis is ‘n opsie, maar daar het jy nog London en Parys 7s. Weet nie of Argentina ‘n opsie is nie

Stefan Buys ·

Nog ‘n plek in die “Amerikas” – dalk Kanada of Argentinië?

Deon ·

Moet nou nie maak asof die Kiwis die enigste sondebokke is nie – kyk maar gerus hoe leeg is Loftus of Nuweland aan die einde van ‘n wedstryd as hulle nie lyk na wen nie. Kyk gerus hoe leeg is die Sharks of die Leeus se stadions as hulle ‘n swak seisoen gehad het.

Rugby ondersteuners is oor die algemeen maar slegte verloorders, maak nie saak waar hulle huself bevind nie. Mense moet in elk geval ophou om die politieke melkkoei te ondersteun, nugter alleen weet waarom dit nog enigsins ondersteuners oorhet…

Kabous ·

Dit het niks te doen met suur druiwe ens nie.Ons kan n les by hulle leer as dit kom by saamstaan.Die reels vir toeskouers by die veld het drasties verander en die Unie voel dit nou aan hulle geldsakke……………40 000 mense was nie tevrede nie en het net nie opgedaag nie.
Is dit nie wat ons nodig het nie.Ons bly kla oor politiek en keuses maar maak nie so n drastiese besluit om te wys wie eintlik SARU finansier nie.

Lynni ·

Ek blameer hul nie. Ek voel ook nie lus om na stadion te gaan as my span verloor nie. (My span verloor nogal baie). Was eens ‘n sterk span.

Lol ·

Wonder hoe vol sal SA stadium wees indien die 7’s toernooi hier teen einde Januarie plaasvind en nie in Desember vakansie tyd met meerderheid studente/skoliere/ werknemers met vakansie? Ek het begrip vir die NZ getalle teen die agtergrond.

Riaan ·

Die swak bywoning is agv nuwe reels wat ingebring is oor ñ paar “lefties” gekla het dat die toeskouers te veel drink en party…dit was die gees(meeste het gegaan vir n party)en het altyd vorige jare die stadium vol gehad…hulle sal nie weer die skares kan terug bring nie…(ek bly nou al 20jaar in NZ)….ps:NZ ondersteuners is swak verloorders.?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.