Nieu-Seelandse Bok-temmer sterf op 90

Peter Burke.

Die man wat die All Blacks in 1981 tot ʼn reeksoorwinning oor Wynand Claassen se Springbokke gebrei het, is op 90-jarige ouderdom in New Plymouth oorlede.

Peter Burke het rustig tuis gesterf.

Die destydse Boktoer was in politieke omstredenheid gehul, en is erg deur betogers ontwrig. Die beoogde wedstryde teen Waikato en Suid-Canterbury is selfs gekanselleer.

Suid-Afrika het die tweede toets met 24-12 gewen, maar is met 14-9 en 25-22 in die ander twee geklop.

Burke, wat die All Blacks in drie toetse verteenwoordig het (1955 tot 1957 almal teen Australië), het oor die 100 keer as slot en agsteman vir Taranaki uitgedraf, en die bond aangevoer toe dit in 1956 met 3-3 teen Basie Vivier se Bokke gelykop gespeel het. Hy het ook in 1951 saam met die All Blacks in Australië getoer, maar nie in ʼn toets gespeel nie.

Hy was ook die afrigter van die All Blacks wat dieselfde jaar op toer ʼn toets teen Roemenië en twee teen Frankryk gewen het, en in 1982 toe die All Blacks Mark Ella se besoekende Wallabies met 2-1 in die reeks verslaan het.

Burke het ook as ʼn All Black-keurder en ʼn jaar lank as voorsitter van die Nieu-Seelandse Rugbyunie gedien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Verbaas! ·

Genade! Was hy dan al 54 toe hy destyds teen die Bokke in 1981 gespeel het? Op dees aarde, daardie man was ‘n kanniedood!

Gatvol ·

Berig lui “gebrei”, beteken breier, afrigter – nie soos AC deesdae die hoofnar is nie ….. RIV Peter Burke.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.