Nog g’n einde aan Morné Steyn

Morné Steyn vier ’n drie in een van sy Bulls-wedstryde. Foto: GB Jordaan.

Dit gaan baie interessant wees om te sien watter planne die Bulls-afrigter, Jake White, vir die oud-Springbok-losskakel Morné Steyn in die mou voer.

Steyn het Saterdag 36 jaar oud geword. Dit sal hom naas Dan Carter beslis die tweede oudste losskakel in topgehalte-rugby maak.

Is Steyn nog goed genoeg, kan hy nog die toutjies trek of sal hy net in ʼn mentorsrol gebruik word?

Wanneer ʼn mens van losskakels praat, word Naas Botha altyd eerste genoem met Joel Stransky, Handré Pollard, Hansie Brewis, Piet Visagie en Henry Honiball altyd hoog op die lys.

Maar as ʼn mens deur Steyn se prestasies blaai, wonder jy hoekom hy nie meer erkenning geniet nie.

Ja, hy val dalk nie in almal se smaak nie en is ʼn paar keer uit spanne gelaat, maar wie kan teen die volgende stry?

* 66 toetse vir die Bokke, 736 punte in die groen en goud.

* Twee jaar ʼn lid van die SA o. 21-span, twee Curriebekertitels, drie Superrugbytitels, een Drienasiestitel en ʼn goue medalje in die Franse Top14.

* Wêreldrekord vir ʼn speler wat al sy span se punte in ʼn toets aangeteken het (31).

* Meeste punte teen die All Blacks in ʼn toets (31).

* Vinnigste by 100 toetspunte (agt toetse, drie as plaasvervanger).

* Vinnigste by 200 punte (16 toetse).

* Vinnigste by 300 punte (24 toetse).

* Vinnigste by 400 punte (33 toetse).

* Vinnigste by 500 punte (43 toetse).

* Vinnigste by 600 punte (50 toetse).

* Vinnigste by 700 punte (62 toetse)

* Meeste skepdoele in ʼn Superrugbyseisoen (11 in 2009).

* Meeste strafdoele in ʼn Superrugbyseisoen (51 in 2010).
* Meeste punte in ʼn Superrugbyseisoen (263), wat Carter se 221 punte in 2006 verbeter het.

* Meeste punte deur ʼn speler van die Bulls in Superrugby (1 467 in 124 wedstryde).

* Die eerste Suid-Afrikaner wat meer as punte in Superrugby kon aanteken.

* Hy hou die wêreldrekord van 41 agtereenvolgende suksesvolle skoppe pale toe in toetsrugby, wat die vorige rekord van 36 van Chris Paterson verbeter het.

* 124 wedstryde vir die Bulls (1 467 punte), 95 wedstryde vir die Blou Bulle (806 punte).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

1 Kommentaar

jongste oudste gewildste
MrMagic

Morné Steyn se naam hoort altyd heel bo aan die lys te wees. Beslis die beste loskakel ooit. Die rede waaroor hy soms uit die span was is bloot jaloesie en politiek. Wat ‘n begaafde spanwenner en ordentlike voorbeeld vir almal. Die koning van Rugby.
Myns insiens was daar heelwat van sy mede-spelers wat erg afgunstig op hom was en kapteins wat hom nie toegelaat het om altyd sy beste te kan gee nie.
Wel gedaan Morné.