Nog ʼn hoë hekkie wag op die Leeus

Die Britse en Ierse Leeus kom Saterdagoggend (09:35) voor nog ʼn groot toets te staan wanneer hulle in Rotorua teen die Maori All Blacks speel.

Die afrigter van die Leeus, Warren Gatland, hou vol hy is nie te bekommerd oor die twee neerlae in vier wedstryde teen die Nieu-Seelandse teenstand nie. Dit gaan oor die toetse, sê hy.

Natuurlik is dit ʼn goeie verweer terwyl Gatland veral uit eie persgeledere aangeval word, maar dit is ook so dat dit vir die Leeus werklik om die groter prentjie in die reeks ghaan.

Die All Blacks word tans as onoorwinlik beskou, en die Leeus het nog net in 1971 in Nieu-Seeland ʼn reeks gewen.

Grootsheid wink vir Gatland-hulle as hulle die reeks kan  wen.

Maar vir die manne wat nie in die toetse speel nie, gaan ʼn gemiddelde toer met ewe veel wen as verloor nie lekker wees nie.

Reeds lyk dit of daar twee groepe in die span is, in elk geval geoordeel aan Gatland se spankeuses. Die ou-ou toergebruik van Woensdag- en Saterdagspanne word dus herhaal.

Die Leeus speel Saterdag (09:35) teen ʼn sterk Maorispan, maar dit is ook so dat van die Maori se beste spelers in die All Blackspan is wat Vrydag met 78-0 insluitende 12 drieë met Samoa gemors het.

Tog, met dieselfde speelpatroon en ʼn oorvloed jong, balvaardige talent, behoort die Maori hulle man te staan.

Dit gaan in elk geval waarskynlik mooi en veral goeie rugby wees, soos in elk van die vier wedstryde van die Leeus tot dusver.

Die spanne –

Maori All Blacks: 15 James Lowe, 14 Nehe Milner-Skudder, 13 Matt Proctor, 12 Charlie Ngatai, 11 Rieko Ioane, 10 Damian McKenzie, 9 Tawera Kerr-Barlow, 8 Liam Messam, 7 Elliot Dixon, 6 Akira Ioane, 5 Tom Franklin, 4 Joe Wheeler, 3 Ben May, 2 Ash Dixon (kapt.), 1 Kane Hames. Bank: 16 Hikawera Elliot, 17 Chris Eves, 18 Marcel Renata, 19 Leighton Price, 20 Kara Pryor, 21 Bryn Hall, 22 Ihaia West, 23 Rob Thompson.

Britse en Ierse Leeus: 15 Leigh Halfpenny, 14 Anthony Watson, 13 Jonathan Davies, 12 Ben Te’o, 11 George North, 10 Jonathan Sexton, 9 Conor Murray, 8 Taulupe Faletau, 7 Sean O’Brien, 6 Peter O’Mahony (kapt), 5 George Kruis, 4 Maro Itoje, 3 Tadhg Furlong, 2 Jamie George, 1 Mako Vunipola. Bank: 16 Ken Owens, 17 Jack McGrath, 18 Kyle Sinckler, 19 Iain Henderson, 20 Sam Warburton, 21 Greig Laidlaw, 22 Dan Biggar, 23 Elliot Daly.

Skeidsregter: Jaco Peyper (SA)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.