Nóg ʼn Lions-Springbok vat die pad oorsee

Andries Coetzee – nóg ʼn Lionsspeler wat oorsee gaan speel. (Foto: GB Jordaan)

Wat staan in die pad van ʼn Suid-Afrikaanse rugbyspeler om oorsee te gaan, veral as hy nie die Springbokafrigter, Rassie Erasmus, se groep van 43 kon haal nie?

Niks nie!

Die rand het vroeg Maandagoggend teen R16,91 teenoor die Britse pond en R14,79 teenoor die euro verhandel.

Maak maar vinnig sommetjies en dis heeltemal te verstane waarom die Lions se heelagter Andries Coetzee verbind word met ʼn skuif na Toulon in Frankryk. Coetzee het boonop sy plek in die Springbokgroep verloor. Hoekom sal hy dus in Suid-Afrika aanbly?

Boonop is die beperking om nie spelers vir die Springbokspan te oorweeg as hulle nog nie in 30 toetse gespeel het nie, vir die volgende twee jaar op die rak geplaas.

Coetzee se moontlike skuif volg op die hakke van die Stormers se ysterloskopstut JC Janse van Rensburg, wat op pad is na Grenoble in Frankryk.

Kan iemand vir Janse van Rensburg kwalik neem? Hy verfrommel al jare lank die land se voorste vaskopstutte, maar Erasmus het Ox Nché, Steven Kitshoff, Beast Mtawarira en moontlik ook Trevor Nyakane (veelsydige vaskop) bo hom verkies.

Net ʼn week gelede is bevestig dat Franco Mostert en Ruan Dreyer (saam met Jaco Kriel) op pad is na Gloucester en daar is sterk bespiegelinge dat  Rohan van Rensburg en Elton Jantjies ook die paadjie oorsee sal vat.

Wat kommerwekkend is, is dat Erasmus se tweede- en derdeliniespelers nie die mas opgekom het toe Wallis die Springbokke Saterdag in Washington met 22-10 geklop het nie.

Ewe skielik lyk die Springbokspens nie so vol soos waarop daar gehoop is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Afrikaanse Knaap ·

Die Fraanse kyk darem nog rugby. Ek het geen meer vriende wat rugby kyk nie. Fikile het rugby finaal gebreek.

Andre ·

Baie geluk, dit gaan nog baie meer gebeur. Sport in die land gaan net toegeken word aan die minder bevoorregdes. Daar is in elke geval baie meer geld oorsee, ek ondersteun hulle besluit 100%

bloues ·

Ja nê, Hoeveel uitstekende spelers is oorsee omdat hulle nie raakgesien word nie. Vir my lyk dit nou asof spelers nie eens meer raakgesien wil word nie.

Ek sou ook nie want om vir die Bokke te speel is nie meer ‘n eer en voorreg nie.
Ek sou ook oorsee gaan speel het as ek ‘n kans sou kry.

Lions?? ·

Teen die huidige uitvloei gaan die Lions nie meer ‘n span oorhê vir die Super 15 volgende jaar nie!! Ons topspan speel almal in Europa volgende jaar – dit is seker maar wat gebeur as jy top van die log is en slegs 5 “Springbokke” oplewer!!

Boland ·

Ek was sooo n groot rugby ondersteuner maar kyk nie eens meer nie.Transformasie het nou ons sport ook geknak.

PJC ·

Hierdie is die enigste manier waarop blanke rugbyspelers iets sal bereik. Hier in SA sal hulle altyd agter in die ry moet staan as gevolg van transformasie ongeag of hulle die beste in hulle posisie is. Mag hulle almal groot sukses behaal waar hulle ook al mag gaan. Een van die dae ondersteun ons almal een of ander oorsese span.

Adam ·

Ek het my DSTV al verlede jaar gekanseleer Luister met groot pyn na RSG se kommentaartors Selfs News24 is vinniger met die telleing as RSG Soms ken hulle nie eers die spelers se name nie

Janneman ·

Ek is ‘n Stormer, maar my hart bloei vir die Lions waar daar net ‘n handjie spelers gekies word vir die springbokke. Dis baie onregverdig teenoor die lions spelers en die ondersteuners. Hulle verloor goeie spelers weens hulle nie gekies word nie en ek blameer hulle nie en die ondersteuners verloor ‘n goeie span vir wie hulle ondersteun.

Dit was nie met die Stormers,sharks en bulle die geval toe hulle goed was nie so dis baie hartseer . Maar ek dink dit is ook hoogtyd dat SA Ryugby moet heroorweeg oor super Rugby. Dis afgesaag en SA sal beter af wees as hulle by Europa se pro 14 aansluit. Daar sal ons SA oorsese spelers kan kompeteer teen sa spanne en ons afrigters sal ‘n beter keuse kan maak wie om te kies wanneer hulle teen mekaar speel en daar sal meer geld betrokke wees.

Jean ·

Janneman eerstens my innige meegevoel met jou oor jy n stormers is..
Eertens ek moet saamstem met jou dat dit ERG hoogs onregverdig is dat so min Lions spelers in die Sondebok span gekies is en selfs nie eens oorweeg is vir die derde of selfs vierde beste span wat teen Wallis verloor het nie!!! Ek meen op wat anders as kwotas basseer Rassie dan sy keuses???
En dan wonder die Rollies en Wesleys hoekom n mens dink kwotas is n belediging vir enige sport! Dit moet verban word aangesien dit rassisties is! Oorsee se lande moet weier om teen Suid Afrika te speel nes in die Apartheid dae totdat n Springbok span op meriete slegs gekies word!

Tweedens die beste spelers moet gekies word ongeag die kleur op grond van se die currybeker en die Super 15.
Laat die bestes en naas bestes in die bogenoemde wedstryde op pretsasie vlakke dan teen mekaar speel,teminste twee proefwedstryde om die beste van die beste te kies! Slegs dan sal die RSA rugby ooit weer n krag word! Maar weet jy wat dit sal nooit gebeur nie want DEKSELSE TRANSFORMASIE IS MOS MEER BELANGRIK AS KWALITEIT RUGBY! Hoekom ondersteun jul blankes dit nog daar??? Dit is erg gebasseer op diskriminasie so hoekom???? Weerhou julle geld en laat SARU en kie in duie stort! Tot dan sal die bestes van die bestes in Suid Afrika die land in strome verlaat op soek na meer geld en meer regverdige speel geleenthedes…Nee wat!

Avokado ·

Sterkte met jou loopbaan vorentoe. Daar is hope talent op die skole se sportvelde elke week wat jou kan vervang. Vaarwel!

Johan ·

Op huidige vorm geen verlies nie – speel tans te suinig en is gevolglik baie voorspelbaar. Nie die speler van twee seisoene gelde nie.

Aan hom persoonlik – baie sterkte. Elke speler kom seker by ‘n punt waar die groot besluit geneem moet word en ek verstaan sy besluit ten volle. Sterkte !

Petrus ·

Die skrywer van die artikel is baie negatief teenoor Rassie. Niemand stem altyd saam met afrigters nie, maar wanneer ‘n speler soos Coetzee vertrek en Rassie die skuld te gee is belaglik. Coetzee het sy plek as Bok op heelagter verlede jaar al nie verdien nie.
Daar is genoeg en beter talent op heelgater huidiglik. Hou tog op om politiek en afrigters te blameer voor hulle nog iets gedoen het. Die hek vir SA spelers oorsee gaan een of ander gesluit word, want lande daar ontwikkel nie meer hul eie spelers nie.

nico k ·

Dit is vir my logies dat die ANC graag sal wil sien dat rugby moet ten gronde gaan. Ek glo dit is hul doel. En elke een hierbo wat sê dat hy nie meer rugby kyk nie, help die ANC in hul doel. Ek geniet my rugby baie en gaan baie spyt wees as rugby in SA moet verdwyn. Die ANC gaan nie spyt wees nie.

Jan ·

ons kyk nie springbok rugby daar is geen veskil tussen toesie en rassie nie

Koos ·

Rondom 1973, 74, het ons by familie in Johannesburg gaan kuier. Uncle Viv, so het ons hom genoem, het pas terug gekom van n sokker wedstryd wat hy in Pretoria gaan kyk het. Hoogs ontsteld deel hy ons mee dat sy dae van sokker kyk so pas verby is! Klaarblyklik het transformasie oorgeneem en is daar nie meer plek vir sy gunsteling spelers nie.
Dadelik het ek die liewe ” Engelse Oom ” van my probeer oortuig dat hy liewer van nou af rugby moet gaan ondersteun. Veral Noord Transvaal, want dit was my span!
Met baie respek teenoor “Uncle Viv “, ek is bly hy is reeds oorlede, glo my, hy sou nie nog n transformasie van spelers oorleef het nie. Ook sou hy maar bitter teleurgesteld in die Blou Bulle gewees het , praat nie van die Leeus nie.
Sterkte aan spelers wat ander weivelde opsoek, ek sou dit ook gedoen het. Feit is, as hul goed genoeg is om daar plek in die spanne te kry, word hul verseker hier oor die “kleur” uitgehou en nie oor spelvernuf nie.

Wesley ·

Respekte aan jou en oom Viv, maar het jul gekla wanneer die regering in die sestigs tot tagtigs offisieel mense van kleur verban het om vir die Bokke en ook onder provinsiale klubs te speel, ongeag van hul spelvernuf? Net n vraag. Ons moes al daaaai jare gegrief wees oor die politiek in ons rugby…

Henry ·

Wesley
Daaaaai jare het die meerderheid siele wat nou kwota rugby speel, se ouers (soos die nuwe ‘bok’kaptein s’n), nie eers amper in rugby belang gestel nie. Sokker was soos vandag, vir hulle ‘da name of da game’.

‘n Paar klubs wie se lede vandag hartroerende, tot-die-dood-toe AB ondersteuners is, het wel rugby gespeel en kon ongelukkig nie hul ware aan die res van die land se spelers en klubs tentoonstel nie. Sodoende kon die kwaliteite – of gebreke – ongelukkig nooit werklik vasgestel word nie.

Dat die politiekeryers van vandag met hul kwota trieks en saampraters nie in doerrrrrie jare die dure les geleer het om nie politiek by sport in te sleep nie, is verstommend!!!

:-)

jan ·

daar is nog baie wat gaan oor Rassie se planne ons sal japan se tv kanalle kry vir rugby een van die mooi dae gaan baie springbokke vir japan speel dan is bokke teen bokke 2023

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.