Nóg ’n skoueroperasie wag vir Alun Wyn

Alun Wyn Jones. Foto: Marty Melville/AFP Photo.

Alun Wyn Jones benodig nóg ’n operasie nadat hy vroeër sy skouer teen die All Blacks in Cardiff beseer het.

Die 36-jarige Walliese kaptein was al op die operasietafel sedert die wedstryd op 30 Oktober, maar verdere behandeling word benodig.

“Hy gaan binne die volgende paar weke vir die tweede operasie en dan sal ons meer duidelikheid hê. Tog is Alun Wyn steeds vol vertroue dat hy spoedig sal herstel,” het Toby Booth, hoofafrigter van die Ospreys, gesê.

“Hy glo dat hy weer hierdie seisoen rugby sal speel. Dit is die verkeerdste ding om vir hom te sê dat hy nie iets sal kan doen nie. Dit is juis sy ingesteldheid wat hom anders maak.”

Daar is steeds sprake dat Jones – wat reeds in 149 toetse vir Wallis en in 12 wedstryde vir die Britse en Ierse Leeus gespeel het – weer Wayne Pivac se gunstelingkeuse is om die Rooi Drake by die 2023-Wêreldbeker-toernooi in Frankryk aan te voer.

“Dit sal ’n groot uitdaging vir Alun Wyn wees, maar hy is ongetwyfeld die een persoon wat dit sal kan doen. Sy voorbereidingswerk was nog altyd uitstekend en hy sal weet wat van hom as speler verwag word. Hy sal uiteindelik self die keuse moet doen,” het die Walliese afrigter verlede jaar gesê.

Die veteraan-voorspeler sal egter die komende Sesnasies-reeks misloop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Niklaas ·

Op 36 is die lyf meer kwesbaar vir beserings. Sterkte aan hom.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.