Nóg ʼn Suid-Afrikaanse afrigter is by die afrigting van ʼn oorsese nasionale span betrek.
Jacques Benadé, wat op sy dag Superrugby vir die Sharks gespeel het, is as hulpafrigter aangestel van die Verenigde Arabiese Emirate (VAE) se span vir sy eersdaagse toets teen Gibraltar.
Sy span, Dubai Exiles, het Abu Dhabi Harlequins ʼn week of wat gelede met 38-12 geklop om die VAE se Premierliga te wen.
Dis die tweede keer in die drie jaar dat Benadé die span afrig dat die Exiles die titel wen.
Carel Thomas (skrumskakel), gebore en getoë op Otjiwarongo, het twee van die wenspan se drieë gedruk. Hy het Namibië by die o.18-Cravenweek verteenwoordig.
Durandt Gerber (losskakel), ʼn gewese Griekwaspeler, het ʼn generaalsrol gespeel en sy taktiese en stelskopwerk was skitterend, luidens berigte.