Nog ʼn tweekuns vir gewese Vrystater in Frankryk

ʼn Gewese o. 21-speler van die Vrystaat het in die jongste ronde van die Franse Fédérale 1-liga die tweede keer vanjaar ʼn tweekuns in dié reeks behaal.

Pieter Morton (binnesenter) het twee keer vir Chambéry teen Seynoise gaan druk, en eersgenoemde het die kragmeting met 29-10 gewen.

Morton se vorige tweekuns was teen Dijon, die klub waarvoor hy die vorige seisoen gespeel het.

Dié boorling van Groblersdal, en ʼn oudleerling van die Hoërskool Ben Viljoen in dié dorp, het in Abu Dhabi in die Verenigde Arabiese Emirate en in Ierland gaan draai voordat hy Frankryk toe verhuis het.

♦ Marco Kotzé (slot) het ʼn drie vir Marmande in sy nederlaag van 20-29 teen Oloron gedruk.

Hy het die Goue Leeus-vyftiental as vleuel in die reeks om die Vodacombeker verteenwoordig, voordat hy Curriebeker-rugby as flank vir die Valke gespeel het. Hy het in 2015 Superrugby vir die Reds (Australië) gespeel.

♦ Jandrè Mynhardt (bankslot) het ʼn geelkaart op die lyf geloop in sy span, Saint-Médard, se loesing van 0-40 teen Cognac/Saint Jean d’Angély.

Hy het Curriebeker-rugby vir die Griffons, die Luiperds en die Sharks gespeel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.