
Nog nege van Munster se spanlede het positief getoets. Foto: Twitter.
Volgens die jongste beskikbare uitslae van polimerasekettingreaksie (PCR)-toetse het nog nege Munster-spanlede positief vir Covid-19 getoets.
Die Ierse rugbyspan is veronderstel om per huurvlug terug na Dublin te reis nadat die nuwe Omikron-variant hul Verenigde Rugbykampioenskap-wedstryde in Suid-Afrika in die wiele gery het.
Die positiewe gevalle het egter hul reisplanne kwaai ontwrig.
“Terwyl elke voorkomende maatreël getref word, het die toergroep vanoggend sy derde ronde van PCR-toetse in minder as 60 uur ondergaan. Ons wag vir die uitslae om die volgende stap te bepaal,” het die klub in ’n verklaring gesê.
Die tien lede wat positief vir die virus getoets het, sal in Kaapstad tot die einde van hul isolasietydperk bly. Hul simptome word gereeld gemonitor.
Omdat hul wedstryde teen Europese teenstanders afgelas is, sal die vier Suid-Afrikaanse spanne dan weer hierdie naweek in plaaslike derbies in aksie wees.
Die Sharks speel nou Vrydagaand om 19:00 teen die Bulls in Durban, terwyl die Stormers en die Lions dan Saterdag om 17:00 in Kaapstad sal kragte meet.
“Sodoende sal ons spanne nie net wedstrydfiks bly nie, maar ons probeer ook om plek op die kalender te vind om die oorspronklike wedstryde te herskeduleer,” het Jurie Roux, uitvoerende hoof van SA Rugby, gesê.
???? Update | #MunsterInSA ????????
Further positive cases have returned from yesterday's round of PCR testing.
We have tested again this morning.
Players & staff are as well as can be in this challenging situation.
Thank you for your best wishes.#SUAF ????
More Info ⤵
— Munster Rugby (@Munsterrugby) November 30, 2021
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
2 Kommentare
Was lekker by die restaurante en kroee gewees !!
Is hulle seker dis Covid en nie net verkoue na verlede week se reënweer in die Kaap nie?