Nog twee Bokke landuit

Suid-Afrika verloor nog twee Springbokke aan oorsese klubrugby.

Die Bulls se skrumskakel Piet van Zyl en die losvoorspeler Arno Botha, is deur die Premierligaspan London Irish gekontrakteer.

♦  Botha, wat in 2013 in twee toetse gespeel het voordat ʼn reeks ernstige kniebeserings sy loopbaan bedreig en hom sy kontrak by die Bulls gekos het, sit nou sy loopbaan oorsee voort. Hy oefen reeds saam met mede-Suid-Afrikaners, die Springbokslot Franco van der Merwe, Petrus du Plessis, Sebastian de Chaves en Richard Palframan.

Botha, wat benewens sy vaart ook goeie aanvoeling en vaardighede het, het as 21-jarige sy twee toetse onder die afrigter Heyneke Meyer gespeel en indruk gemaak voordat die beserings sy loopbaan ontwrig het.

Hy het 34 wedstryde vir die Blou Bulle en 48 vir die Bulls gespeel nadat hy in 2011 as kaptein van die Junior Bokke sy eerste proesel internasionale rugby gehad het.

Botha het sy toetsdebuut in Junie 2013 teen Italië gemaak maar moes in sy tweede toets, teen Skotland, die veld na net vier minute met geskeurde kruisligamente verlaat.

Na herhaalde pogings om sy terugkeer te maak wat telkens deur kniebeserings in die wiele gery is, het Ulster verlede jaar besluit om nie sy kontrak te bekragtig nie nadat Botha weer vir die Bulls op toer in Nieu-Seeland sy knie beseer het.

♦  Van Zyl, wat op Grey Kollege vir die derde span gespeel het maar daarna in ʼn puik skrumskakel ontwikkel het, het na die 2017-seisoen laat blyk dat hy klaar is met rugby en op die familieplaas wil gaan boer.

Die afleiding was dat Van Zyl ongelukkig was omdat hy min speeltyd gekry het en ondermeer ook dikwels vir sy mede-Springbok Rudy Paige in Superwedstryde moes terugstaan. Hy het, op provinsiale en toetsvlak, nie sy regmatige kans gehad om sy slag te wys nie.

Van Zyl het egter na sy “uittrede” die aanbod van London Irish ontvang en besluit om weer te speel.

Van Zyl het, eers vir die Vrystaat Cheetahs (32 wedstryde) en toe vir die Cheetahs (ook 32 wedstryde) sy merk gemaak en het sedert 2014 in 20 wedstryde vir die Blou Bulle en 44 vir die Bulls gespeel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Rapie ·

Botha sou in elkgeval gegaan het as hy nie beseer was nie, die Bulls het in elkgeval te veel los voorspelers en Van Zyl het mos uitgetree. Wat kla ons?

Eish ·

Dit is vir my waarlik n riem onder die hart dat die jong Kaukasiese spelers werklik in staat is om n toffie te wys vir SA Rugby en sy kwotas en n heenkome in die buiteland uit te kerf. Dié kan nou maar gerus radikaal transformeer, en stadions sonder vergoeding opeis, dit herdoop en weekliks toy-toy kampioenskappe daar aanbied.

Rooi Jan ·

Stem binnekort kan ons soos die duisende All Black ondersteuners op Nuweland vir ons n alternatiewe nasionale span vol “springbokke” kies om teen die Proteas, Bafana B span of wat ookal Jacob of Julius ookal die gewese springbok span wil noem te ondersteun.

Pierre ·

Well done boys! Gaan vat hom groot, en wys die vinger vir Saru!

Westing ·

Dit is reg. Gaan speel in ander lande waar jy op meriete speel en nie op kleur nie. Laat transformasie maar die ondergang van SA rugby wees

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.