Nóg twee Leeu-Bokke terug; WP skommel ligweg

Ruan Dreyer – terug vir Goue Leeus. (Foto: GB Jordaan)

Die Goue Leeus het nóg twee terugkerende Springbokke in hul opdrafspan vir die Curriebeker-halfeindstryd Saterdag teen die Westelike Provinsie ingesluit; en die Streeptruie het ligweg aan hul span geskommel.

Die Leeus het die stut Ruan Dreyer in Jacobie Adriaanse se plek vir die Nuwelandse botsing gekies; en die kookwater-haker Malcolm Marx is terug in Robbie Coetzee se plek, nadat hy teen die Cheetahs op die bank begin het.

Die WP het die Bok Dillyn Leyds van linkervleuel af heelagter toe geskuif, Ruhan Nel skuif van binnesenter af na regtervleuel, en Huw Jones van buitesenter af binne toe, om vir EW Viljoen van die bank af plek in te ruim.

Die flank Kobus van Dyk word van die bank af in Cobus Wiese se plek ingesluit.

Die spanne –

Goue Leeus

15. Andries Coetzee, 14. Aphiwe Dyantyi, 13. Rohan Janse van Rensburg, 12. Harold Vorster, 11. Courtnall Skosan, 10. Jaco van der Walt, 9. Ross Cronjé, 8. Kwagga Smith, 7. Cyle Brink, 6. Len Massyn, 5. Marvin Orie, 4. Andries Ferreira, 3. Ruan Dreyer, 2. Malcolm Marx, 1. Jacques van Rooyen (kaptein). Bank: 16. Robbie Coetzee, 17. Dylan Smith, 18. Jacobie Adriaanse, 19. Rhyno Herbst, 20. Marco Jansen van Vuren, 21. Sylvian Mahuza, 22. Ashlon Davids, 23. Robert Kruger.

WP

15. Dillyn Leyds, 14. Seabelo Senatla, 13. EW Viljoen, 12. Huw Jones, 11. Ruhan Nel, 10. Robert du Preez, 9. Dewaldt Duvenage, 8. Nizaam Carr, 7. Kobus van Dyk, 6. Jaco Coetzee, 5. JD Schickerling, 4. Chris van Zyl (kaptein), 3. Wilco Louw, 2. Bongi Mbonambi, 1. JC Janse van Rensburg. Bank: 16. Ramone Samuels, 17. Ali Vermaak, 18. Frans van Wyk, 19. Jan de Klerk, 20. Sikhumbuzo Notshe, 21. Jano Vermaak, 22. Werner Kok, 23. Damian Willemse.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

henk ·

HOE kan NIEMAND wat hulself as sogenaamde afrigters voorhou, sien dat Dreyer ‘n probleem stut is nie? Druk deur die WP op Dreyer gaan die Leeus hierdie dwase besluit laat berou!

Anton KLD ·

Henk jy mag maar dink hy is n probleem stut, want jy is / was mos ‘n stut van formaat . Ons Leeu ondersteuners weet dat dit nie so is nie.
Hy kan en sal sy man staan. Leeeuuuussss!!!

henk ·

Anton KLD, ek was nou welliswaar nie ‘n stut van formaat nie, maar daar is beslis ook niks fout met my oe nie, en die bietjie kennis wat ek van rugby het en van dit wat mens deesdae so maklik en oor en oor op TV kan sien, (AS jy dit kan bekostig kan jy selfs op DSTV se premium pakket rewind om dit weer ‘n keer te sien) is dit duidelik dat Dreyer NIE die regte skrumtegniek het NIE en keer op keer die oorsaak is daarvan dat die skrums inmekaar tuimel. Dalk moet jy iemand met kleurkryte naby jou vra om mooi prentjies te teken van hoe mens reguit vorentoe skrum en hoe mens jouself op jou eie bene balanseer voor, tydens en na impak in die skrum. Hopelik sal jy dan verstaan

Josua Keys ·

Die Leeus se voorry was die beste in die Super rugby reeks en Dreyer het teen amper al die stutte geskrum insluiten die Assies en All Black stutte sonder enige probleme, daar is niks verkeerd met Dreyer nie as hy ‘n probleem was sou Akkerman en Swys hom reeds vervang het, gelukkig het Swys hulle geluister toe ons gevra het om Kwagga of Kyle Bring agtsteman toe te skuif tot Warren gesond is maar daar is nog n skuif wat oorweeg kan word, maak groot asb vir Dylan Smit hakker saam met Malcolm Marx hy sal daar inpas soos ‘n handskoen en gebruik Adriaanse op regter stut saam Dreyer.

Anton KLD ·

Jammer Henk om jou teleur te stel maar ja ek het die fasiliteit waarvan jy praat. En Joshua stel dit nog duideliker en stem ek met hom saam. Dit is waar dat Ruan wel n keer of wat nie sy balans reg gehad het nie, maar hy was gedurende die Super reeks baie keer beter as sy teestanders as andersom en was die Leeus beslis van die beste in die reeks.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.