Klubs uit die Noordoos-Kaap vul tans die eerste vier plekke in die Vrystaatse plattelandse liga.
Barkly Black Jacks van Barkly-Oos en Hibernians van Burgersdorp het elk 36 ligapunte, maar eersgenoemde het ’n beter batige punteverskil.
Aliwal Buffels van Aliwal-Noord is derde met 32 punte, en Eur-Africans, ook van Aliwal-Noord, is vierde met 29.
Die laaste rondomtaliewedstryde word Saterdag gespeel. Die halfeindstryde volg op 15 Julie, en die eindstryde op 22 Julie.
Saterdag se bepalings –
Buffels teen Crocodiles op Aliwal-Noord; Eur-Africans teen Venterstad Rovers, op Hilton, Aliwal-Noord; Universals teen Barkly op Colesberg; Scorpions teen Hibernians op Gariep; Stoele (Venterstad) teen Zastron Vultures op Venterstad.