Nollis sal ook Curriebekerspan afrig

Nollis Marais (Foto thebulls.co.za).jpg

Nollis Marais (Foto thebulls.co.za).jpg

Die Blou Bulle Maatskappy (Edms) Beperk het Maandag aangekondig dat die Superafrigter van die Bulls, Nollis Marais, ook die Blou Bulle se Curriebekerspan sal afrig.

Die werklike Curriebekerreeks, en nie die opstellende ronde wat nie werklik Curriebekerrugby is of so beskou word nie, begin op die naweek van 5 en 6 Augustus.

Die besluit om die Curriebekerspan aan Marais toe te vertrou volg uit die beskikbaarheid van bykans 90% van die Bulls se span wat nou Curriebekerrugby vir die Blou Bulle sal speel en die kontinuïteit wat daaruit spruit.

“Dit maak eenvoudig sin dat Nollis moet voortgaan met die span wat in die Superreeks heelwat onder sy afrigting ontwikkel het,” het die hoofbeampte van die BBM Barend van Graan Maandag gesê.

Hy het bevestig dat Hendré Marnitz, wat die span vir die opstellende reeks wedstryde gebrei het, deel van die Blou Bulle se strukture dal bly. “Die aanstelling van Nollis is om rugbyredes gedoen en nie oor ʼn gebrek aan vertroue in Hendré se vermoëns nie,” het Van Graan bygevoeg.

Marnitz sal in die afrigtingstrukture van die Blou Bulle bly en sy posisie sal duideliker wees wanneer Marais se volle afrigtingspan bekend gemaak word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Takkie Takuuza ·

Marnitz is swakker. Die Bulle het nie die beste spelers in die land nie, so judge die coach maar stadig. Eerste jaar van Super rugby.

Stoffel ·

Goeie besluit deur die Bulle. Kan die
Asb voorrye kry vir volgende jaar

Manie ·

Ek was vol hoop dat die bulle se ellende sal begin verdwyn toe Nollis aangestel is as afrigter. Ek dink hy het niks verander aan die spelpatroon van die bulle soos hy beloof het met sy aanstelling. Dit is hoekom die bulle sit sonder uitspeel wedstryde. Nollis jy het ongelukkig niks na die tafel gebring

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.