Nollis verander net twee, Franco maak heelwat skuiwe

Die Bulls glo hulle koppe is na die stadige begin die seisoen nou reg, en die afrigter Nollis Marais het net twee veranderinge aangebring aan die span wat die Cheetahs geklop het en Saterdag op Loftus teen die Crusaders speel.

Jacques Potgieter, wat na sy besering twee keer van die bank af gespeel het, vervang vir Jannes Kirsten op flank, en Trevor Nyakane sak in die plek van Jacobie Adriaanse op vaskop.

Die Springboksenter Jan Serfontein is terug in die stryd 23-tal en sal van die bank af speel. Jesse Kriel en Burger Odendaal hervat hulle senter-vennootskap.

Bulls –

15 Warrick Gelant, 14 Travis Ismaiel, 13 Jesse Kriel, 12 Burger Odendaal, 11 Jamba Ulengo, 10 Tian Schoeman, 9 Piet van Zyl, 8 Hanro Liebenberg, 7 Jacques Potgieter, 6 Nick de Jager, 5 Lood de Jager, 4 Jason Jenkins, 3 Trevor Nyakane, 2 Adriaan Strauss (kapt.), 1 Pierre Schoeman. Bank: 16 Jaco Visagie, 17 Lizo Gqoboka, 18 Jacobie Adriaanse, 19 RG Snyman, 20 Jannes Kirsten, 21 Rudy Paige, 22 Francois Brummer, 23 Jan Serfontein.

Franco Smith verander baie vir Highlanders

William Small-Smith, wat die afgelope twee seisoene onder beserings deurgeloop het sedert sy terugkeer van die Bulls af, begin nou weer op senter vir die Cheetahs op senter in die plek van Nico Lee wat met ʼn enkelbesering sowat ʼn maand langs die kantlyn sal wees.

Dit is een van die vele veranderinge wat die Cheetahs se afrigter Franco Smit vir die wedstryd Vrydagaand teen die Highlanders gemaak het.

Die skakelpaar Neil Marais en Shaun Venter skuif bank toe en Fred Zeilinga en Tian Meyer begin as skakels. Henco Venter is agtsteman in die plek van Tier Schoeman wat terug flank toe skuif in die plek van Uzair Cassiem wat op die bank is; en Francois Uys begin op nommer vyf-slot, met Carl Wegner wat in die plek van Armandt Koster na nommer vier toe skuif.

Cheetahs –

15 Clayton Blommetjies, 14 Sergeal Petersen, 13 Francois Venter (kapt.), 12 William Small-Smith, 11 Raymond Rhule, 10 Fred Zeilinga, 9 Tian Meyer, 8 Henco Venter, 7 Oupa Mohoje, 6 Paul Schoeman, 5 Francois Uys, 4 Carl Wegner, 3 Johan Coetzee, 2 Torsten van Jaarsveld, 1 Ox Nche. Bank: 16 Elandré Huggett,17 Charles Marais, 18 Tom Botha, 19 Armandt Koster, 20 Uzair Cassiem, 21 Niell Jordaan, 22 Shaun Venter, 23 Niel Marais

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Callie ·

Jammer Bulle. Sonder n skrumskakel sal julle nerens kom nie. 7 jaar gevat om skrum beter te kry en nog steeds nie goed nie. Jumbo Ulengo se verdediging so swak soos Kolbe sin. Kwotas het n eens trotse rugby span tot n grap gereduseer

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.