Nollis voor sy moeilikste besluit

Nollis-Marais-thebulls.co.za

Nollis Marais (Foto: thebulls.co.za)

Dis een van die moeilikste take van enige afrigter of keurder, nie om die span te kies nie, maar om dit aan sy spelers oor te dra.

Vyftien spelers gaan breed glimlag, só ook die plaasvervangers, maar vir die res is dit ʼn lae hou, dit voel vir jou asof jou wêreld inmekaar tuimel.

Jare gelede is spanne op klubvlak eers ná Woensdag- of Donderdagaande se oefeninge gekies en dan is ʼn amptelike spanlys op ʼn kennisgewingbord in die klubhuis opgeplak.

Dit was stroopsoet-lekker om jou naam in swart en wit te sien, dit was bittergal-bitter om nie jou naam daarop te sien nie.  Jy lees weer en weer, dalk het jou oë jou mislei, maar al wat jy sien, is jou naam.

Donkiejare gelede is die Springbokspan laataand van die balkon van ʼn destydse hotel in die Kaapstadse middestad aangekondig waar die nasionale keurders vroeër vergader het. Duisende toeskouers het na die middestad gestroom en dan is daar ure daaroor gekibbel of dié span die mas sou opkom, of hy die All Blacks of Britse Leeus sou kon klop.

Die Afrikaanse diens van die SAUK het terselfdertyd sy programme onderbreek en ʼn aanbieder met doodsdreigende stem het die span aan die res van die land uitgelees.

Die hele gesin, só ook die spelers landwyd,  het om die Blaupunkt in die voorkamer saamgedrom.

Maar as dit te laat geword het en die res van die gesin gaan slaap het, het jy in jou kamer vasgenael voor jou transistorradio gesit, dié ene met ʼn draadhanger as antenna.

Soos die jare aangestap het en televisie oorgeneem het, het die aankondigings geskuif tot net ná die laaste Superwedstryd op ʼn Saterdagmiddag. Met groot geleenthede soos ʼn Wêreldbekertoernooi, het dit verander in ʼn amperse modeparade, waar die spelers (ja, hulle weet dan reeds lankal wie gekies is en wie nie) tussen flitsende ligte, rook en dansers bekend gestel word.

Die Bulls-afrigter, Nollis Marais, staan nou voor daardie besluit, wanneer hy sy span voortaan sal kies en aankondig.

Marais sê hy gaan nie meer roteer nie, want die Bulls is met die rug teen die muur, hulle moet van nou af wen.

Nou sal ons die eerste keer weet wie van Piet van Zyl of Rudy Paige die beste skrumskakel is, of Lood de Jager bo RG Snyman en Jason Jenkins gekies moet word, of Trevor Nyakane die beste vaskopstut is.

Dit gaan baie moed verg, want Marais se keuses sal nie almal tevrede kan stel nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Arie ·

Sal vir almal beter wees as hy net loop, dalk is daar vir hom n pos in Alaska! Net nie Suid-Afrika nie!!!!!

Johan ·

Sjoe ! en nou eers dink hy daaraan dat daar dalk iets met sy spankeuses verkeerd is.
Miskien dink iemand dalk eendag daaraan dat iets by die afrigter en sy afrigting skort.
Ons kan maar net hoop

MANIE ·

Werk die man nie dalk in die geheim vir die anc. Ek kan nie glo dat iemand so swak presteer en nie self sy goed vat en verdwyn. Lyk my hy kompiteer met zuma wie kan die lankste aanbly met die swaksteprestasie. Volgens my moet die bulle n uitstekende kans he om volgende jaar nie meer super rugby te speel

Piet ·

Sal almal tog net kalmeer asb. Rugby is net ‘n game mense. Niemand gaan iets oorkom as hulle weer verloor nie.

Wat moontlik moet gebeur is dat rugbyspelers meer vergoed moet word in lyn met hulle prestasie

Douw ·

Piet, ek stem saam oor jou vergoedings ‘vereiste’ of voorstel.

Ek verskil egter loodreg met jou opmerking dat dit net ‘n “game” is. Dis lankal nie meer net ‘n “game” nie. Dis ‘n hoogsbetaalde beroep waar spelers, afrigters, raadgewers, konsultante, administrateurs, dokters, fisio’s, ens behoorlik vergoed word. Om nie eens te praat van kos, drank, klere, karre, ens se verkope wat deur uitslae geraak word nie.

wicus ·

DIE BESTE KEUSE WAT JY KAN MAAK IS OM TE BEDANK, JY MAAK DAT DIE BULLS EN DIE KINGS UITGESKOP GAAN WORD UIT DIE SUPER RUGBY REEKS , AL DIE SPELERS WAT JY NIE WIL HE NIE FLOREER BY DIE ANDER SPANNE , AS JY NIE GAAN PASOP NIE GAAN DIE KINGS DIE BULLS OOK WEN ,

Peet ·

Wat is so moeilik aan jou besluit….BEDANK en kry klaar…en vat spul saam jou wat jy as kamstige hulp afrigters het..!!!

Arie ·

Ek stem Nico, van graan is die grootste vrot appel, Alaska is dalk bietjie naby vir hom

Dirkie ·

Nou eers die beste 15 kies, dit nadat hy die moraal klaar so laag het. Al kies hy 15 All Black’s is dit te laat. Vat die pad saam jou medekeurders Mnr Marais. Bring die Bulle n afrigter wat hulle 5 jr terug al verdien het. Hoop net nie dit is te laat nie, dalk speel ons Bulle volgende jaar nie eens meer Super rugby nie. Wie se skuld is dit, sekerlik ene Marais en sy maatjies wat hulle sakke vol geprop het en nou in luxury kan agteroorsit.

Tom ·

Ek glo nie Nollis kan met ‘n springbokspan die varsity beker wen nie!!

Ben ·

Nollis het as afrigter dalk goed gedoen op laer vlakke. Dit is tot waar sy vermoë hom kon neem. Dit beteken werklik nie as jy die hoofafrigter van CBC is, jy dieselfde kan vermag op Super en Springbok vlakke nie. As n man sy plafon bereik het, is dit ongelukkig finish en klaar. Dan maak jy nou maar spasie vir iemand anders en gaan gebruik jou kennis en ondervinding elders. Met alle respek, Nollis het alreeds die steun van die ondersteuners verloor. Ek dink hy het so bietjie lojaliteit en respek by die spelers verloor en ook die van die klubs en dalk ook so bietjie van sy afrigtingspan – nie juis dat hulle so briljant is nie . Nollis, bedank en maak pad vir iemand anders en gaan pas jou kennis en dit wat jy weet jy kan doen toe in ander strukture.

Riaan ·

Briljante afrigter, net solank die bulletjies verloor is alles reg.
Enige iemand kan die beker wen, net nie die bulls nie.

Rikus ·

Riaan siestog tipies julle houding? Die Bulle het die Superrugby al drie keer gewen, so ek weet nie vir wie jy ondersteun nie, maar laat jou span eers die kompetisie drie keer wen dan kan jy begin saamgesels en vier keer wen dan kan jy houding kry.
Verder nog het die Bulle die kompetisie gewen toe dit nog krag teen krag was en daar teen al die New-Zeeland spanne gespeel is. Bulle gaan nou deur swak tydperk met swak afrigting , maar die Bulle sal altyd ‘n faktor wees.

Philip Mare ·

Nollis is n uitstekende afrigter! Hy is al blou in die gesig van afrig..net so blou as die lee Loftussitplekke op die paviljoen. Hou hom daar, kort voor lank is die geldkas ook leeg afgerig. Van Graan sit ook net soos Zuma..” Fat Cat”.

Riaan ·

Rikus, ek is n Crusaders ondersteuner, ons het die beker al 7 keer gewen, ek amper n traan in my oog gekry vir julle flou bulls ondersteuners.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.