Nooi Graham Henry ook uit

Graham Henry

Graham Henry

Kom ons gooi `n klip in die bos en nooi Graham Henry ook uit na die komende afrigtersberaad.

Henry, die gewese All Black-afrigter wat in 2011 die Wêrebekertoernooi het, het soos `n vars briesie deur Argentynse rugby getrek nadat hy as konsultant aangestel is, want hulle het na sy insette geluister.

Ek ken Suid-Afrikanse afrigters en beamptes, hulle sal praat en praat, maar doen?

Dit sal wonderlik wees as die afrigtersberaad, wat van 19 tot 21 Oktober in Kaapstad gehou word,  die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) en die Springbokafrigtingspan tot ander insigte kan dwing, maar dit kan ook `n mors van tyd wees as daar nie `n middeweg gevind kan word nie.

Daar was voorheen soortgelyke indabas, onder Ian McIntosh in 1994 toe 19 afrigters koppe bymekaargesit het nadat die Bokke in die eerste toets teen Engeland 15-32 verloor het. Die Bokke het die tweede toets 27-9 gewen, maar McIntosh is `n paar maande later ná die Nieu-Seelandse toer gepos.

In 1997 is `n soortgelyke beraad gehou nadat die Bokke onder Carel du Plessis die reeks 1-2 teen die Britse en Ierse Leeus verloor het. Du Plessis is `n paar weke daarna ná die Drienasiestoets teen die Wallabies, wat die Bokke 61-22 gewen het,  gepos.

Daar was ook `n dinkskrum in 2006 toe die Bokke onder Jake White 49-0 deur die Wallabies vermorsel is. White het voortgegaan en die Wêreldbeker in 2007 gewen, net om nie weer aangestel te word nie.

Een van die grootste probleme, benewens `n spelpatroon wat tot wenrugby sal lei, is ‘n gebrek aan ervaring.

Kom ons maak sommetjies.

Allister Coetzee (hoofarigter) rig sedert 1996 af. Hy was onder meer die Bokke se hulpafrigter in 2000 onder Harry Viljoen en ook onder Jake White (van 2004 tot 2007). Hy was ook die agterlynafrigter van die Sharks, Cats en hoofafrigter van die Westelike Provinsie, Stormers en Kobe Steel Kobelco Steelers in Japan.

Maar die res?

Mzwandile Stick (agterlynafrigter): 4 jaar se ervaring as afrigter, onder meer by die Kings.

Johann van Graan (aaanvalsafrigter): Jare lank Heyneke Meyer se regterhand. Onuitputbare tegniese kennis en ontleder. Een van net twee lede van Meyer se afritingspan wat die valbyl na 2015 vrygespring het.

Chean Roux (verdedigingsafrigter): 6 jaar betrokke by die Maties waarin hulle twee jaar die Varsitybeker-reeks gewen het. Ook ‘n lid van Saru se rondgaande eenheid onder Rassie Erasmus.

Matt Proudfoot (voorspeler- en skrumafrigter):  Ses jaar betrokke as hulpafrigter van die WP, Stormers en Kobe Steel Kobelco Steelers in Japan (almal onder Coetzee).

Skopafrigter:  Louis Koen: was net betrokke vir die reeks teen Ierland.

Afbreekpunte (?).

Saam het hulle sowat 40 jaar se ondervinding.

Kom ons vergelyk dit met die All Blacks se afrigtinspan.

Steve Hansen (hoofarigter): 22 jaar se ervaring as afrigter. Het 56 van die All Blacks se 61 toetse gewen, twee Wêreldbekers (een onder Graham Henry en verlede jaar as hoofrigter). Vier Rugbykampioenskappe as hoofafrigter.

Wayne Smith (hulpafrigter): 29 jaar se ervaring op alle vlakke, Wêreldbekeroorwinnings onder Henry en Hansen,  verskeie Superrugbytitels.

Ian Smith (hulpafrigter): 14 jaar se ervaring. Chiefs se hoofafrigter, WB-kroon onder Hansen.

Mike Cron (skumafrigter): 34 jaar se ervaring: het in 15 lande afgerig.

Saam spog hulle met 99 jaar se ondervinding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Frans C ·

Jy kan vergader tot jy blou word in die gesig.Die ANC-regering sal nie afsien van sy kwotastelsel.Benewens die struikelblok is daar geen eenvormige speelstyl of afrigting in Suid Afrika nie.Hier is elke haan (afrigter) baas op sy eie mishoop.

NZ ondervind nie die probleme nie en kan dus steeds hul speelstyl op alle vlakke verder ontwikkel en is daar hope plaasvervangers wat huidige All Blacks se skoene kan volstaan.
In Suid Afrika moet daar gedurig spelers van oorsee teruggeroep word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.