Noordelikes, Valke spook Flya se topvlak uit

silver valkeNoordelikes van Pretoria-Noord en die Silver Valke van Silverton spook Saterdag by die Tuine-sportklub sake in die topvlak van die Blou Bulle-klubs se Flyatoernooi uit.

Die Valke het dramaties vir die eindstryd van die Eertse Ligaspanne in aanmerking gekom nadat hulle 24-24 teen Korrektiewe Dienste gelykop gespeel het. Hulle het deurgedring op grond daarvan dat hulle die eerste punte aangeteken het.

Noordelikes het Bronkhorstspruit gemaklik 25-5 geklop.

Die Likkewane en Bronkies speel Saterdag in die plaateindstryd teen mekaar.

♦ Wat die Presidentsliga betref, speel Transnet Parke en Hartbeespoort in die eindstryd.

Harties het Cullinan 9-8 en Parke vir Westelikes 34-13 in die vorige ronde geklop.

Morgan Pienaar, Transnet Parke se ondervoorsitter en hoofafrigter, sê ongeag die telling het dit nogal broekskeur gegaan om die span van Pretoria-Wes te klop, en “baie werk wag nog”.

Parke het vyf drieë gedruk, waarvan drie verdoel is, en `n strafdoel behaal. Westelikes het twee drieë en `n strafdoel aangeteken.

Pienaar sê Parke het die oorhand in die skrums gehad en drie drieë van eerstefasebesit af gedruk.

Donald Els, wat drie drieë gedruk het, is as die speler van die wedstryd aangewys.

♦ Westelikes en Cullinan betwis die plaateindstryd in dié afdeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.