Nou kan Cheika rustig slaap

Michael Cheika – maak geskiedenis.

Die Wallaby-afrigter, Michael Cheika, het Australiese rugbygeskiedenis gemaak toe hy die eerste keer in 46 toetse – sedert hy vier jaar gelede in November 2014 die leisels geneem het – sy span onveranderd vir die volgende toetswedstryd gelaat het.

Die Wallabies pak Ierland Saterdag in die tweede toets in Melbourne nadat hulle verlede week die eerste toets gewen het.

Die Wallabies het Saterdag se eerste toets in Brisbane met 18-9 gewen en hoewel die beseerde flank Ned Hanigan en die geskorste slot Rory Arnold weer beskikbaar was, het Cheika daarteen besluit om hulle te kies.

Bestendigheid, meneer, bestendigheid oplaas.

♦ Die Ierse afrigter, Joe Schmidt, het daarenteen agt veranderinge gemaak aan die span wat Saterdag geklop is om die gety te probeer draai nadat die Iere die eerste keer sedert 1979 (12 toetse) deur die Wallabies in Australië geklop is.

Schmidt het verskeie keurspelers van die Ierse kampioenspan, Leinster, in die eerste toets laat rus, maar nou is hy met die rug teen die muur en word die ervare Johnny Sexton, Tadhg Furlong en Devin Toner weer ingespan.

Die spanne ‒

Australië

15 Israel Folau, 14 Dane Haylett-Petty, 13 Samu Kerevi, 12 Kurtley Beale, 11 Marika Koroibete, 10 Bernard Foley, 9 Will Genia, 8 Caleb Timu, 7 Michael Hooper (kapteins), 6 David Pocock 5 Adam Coleman, 4 Izack Rodda, 3 Sekope Kepu, 2 Brandon Paenga-Amosa, 1 Scott Sio. Bank: 16 Tolu Latu, 17 Tom Robertson, 18 Taniela Tupou, 19 Rob Simmons, 20 Lukhan Tui, 21 Pete Samu, 22 Nick Phipps, 23 Reece Hodge.

Ierland

15 Rob Kearney, 14 Andrew Conway, 13 Garry Ringrose, 12 Robbie Henshaw, 11 Keith Earls, 10 Johnny Sexton, 9 Conor Murray, 8 CJ Stander, 7 Dan Leavy, 6 Peter O’Mahony (kaptein), 5 James Ryan, 4 Devin Toner, 3 Tadhg Furlong, 2 Niall Scannell, 1 Cian Healy. Bank: 16 Rob Herring, 17 Jack McGrath, 18 Andrew Porter, 19 Tadhg Beirne, 20 Jordi Murphy, 21 John Cooney, 22 Joey Carbery, 23 Jordan Larmour.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.