Nou kan Rassie kies wie hy wil

Kwagga Smith, lid van die Lions se lostrio wat die Stormers ore aangesit het. (Foto: GB Jordaan)

Dit was nie ʼn geval van ás nie, maar wanneer.

Dit was juis dus geen verrassing nie dat die Springbokafrigter, Rassie Erasmus, voortaan toegelaat sal word om spelers wat in die buiteland speel, vir sy Springbokspanne te oorweeg al het hulle nog nie in 30 toetse gespeel nie.

Dié reël is aan die einde van 2016 ingestel om spelers te keer om oorsee te gaan – maar dit kon nie die bloeding keer nie, want die lys word net langer.

Volgens Mark Alexander, president van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie, sal die uitvoerende komitee simpatiek na Erasmus se pleidooie luister wanneer hy so ʼn versoek sou rig. Dit beteken dat spelers soos Paul Jordaan, Juan de Jongh, Cobus Reinach, Faf de Klerk en Vincent Koch bo spelers wat tuis speel, oorweeg kan word.

Die Superrugby-spens is glad nie leeg nie, maar daar is kommer oor die spelpeil van veral die Stormers. Ook moet Erasmus aan die einde van Mei twee Springbokspanne kies. Een vir die toets teen Wallis op 2 Junie in Washington DC teen Wallis, en die sterkste span vir die eerste toets teen Engeland op 9 Junie.

As Erasmus 46 Bokke kies, sal hy sy net baie wyd moet span. Daar kan seker wel ʼn paar van die plaasvervangers vir die Wallis-toets vir die volgende week teen Engeland oorweeg word, maar logistieke probleme kan dit moeilik maak.

♦  Die probleem is dat die Stormers Saterdag op Ellispark ʼn tweede opeenvolgende nederlaag gely het toe die Lions hulle met 52-31 uitgestof het. Dit volg nadat die Bulls hulle verlede week op Loftus ook geklop het.

Voor die Stormers se oorsese toer, was daar minstens 12 of selfs meer Springbok-kandidate.

Maar wie bly nou oor? Damian de Allende, Pieter-Steph du Toit, Steven Kitshoff en Wilco Louw?

Verdien Siya Kolisi dit om bo Jean-Luc du Preez, Philip van der Walt, Cyle Brink of Kwagga Smith ingespan te word? Ja, ek weet hulle is nie almal (natuurlike) nommer 7-flanke nie, maar Kolisi is ook nie.

Moet die jong Damian Willemse nou al vir die wolwe gegooi word?

Vir die Lions het Andries Coetzee, Madosh Tambwe, Harold Vorster, Elton Jantjies,  en ’n hele paar voorspelers na vore getree.

Voorlangs het Malcolm Marx,  Franco Mostert en die lostrio amok gemaak.

♦  Die Sharks het Vrydag in Napier byna die Hurricanes geklop en is met ʼn doodsnikdrie deur die ‘Canes met 38-37 van ʼn sege beroof.

Curwin Bosch, André Esterhuizen, Robert du Preez, Louis Schreuder, Thomas du Toit, Beast Mtawarira, Ruan Botha, Van der Walt en Jean-Luc du Preez het regmerkies verdien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

willie ·

Julle hoop opskrif is misleidend, want Rassie kan nog nie kies wie hy wil nie! Doen eers weg met kwotas dan kan hy kies wie hy wil! Tot dan gee ek nie ñ flenter om vir die bokke nie!

Wesley ·

Hy kan maar kies wie hy wil want indien enige speler homself bo n ander inspeel dan sal hy dit so maak. Moet ook nie vergeet van kontrakte nie, want nes soos Pollard bo ander verdiende losskakels gekies was oor sy kontrak, sal Kolisi dit maak bo ander, ongeag van die kwotas. Die res is oop. Wilco sal bo Nyakane gekies word want hy is beste vaskop op die oomblik. En so is die kwotapraatjies maar net propaganda.

Willem ·

Wesley, daar is nie weggedoen met kwotas nie, geensins. Soos die tyd aanstap, raak die doelwit net al stywer, so verseker kan hy nie kies wie hy wil nie.

Verseker nie!

Nie ‘n manier nie!

Willem ·

En natuurlik speel daar ook swart spelers in die buiteland.

Wesley ·

Defnitief is dit nie weg nie Willie, dis oop en bloot tot almal toe om na te gaan (transformasie charters en sulke dokumente). Maar watse “swak” swart speler sal nou bo n “beter” wit speler gekies word, ongeag van n kontrak. Dit gaan meer as net oor kwotas, en dit begin nou rerig n lui argument raak.

Nico ·

As hy huur soldate moet gebruik is ook masr nie ‘n waferse afrigter nie. Hier is genoeg spelers maar dit lyk nie of hier afrigters is om hulle reg aan te wend nie. Dan kom die politieke keuses ook nog by. Nou blyk dit mos AC so was so reg gewees. Hulle moes iets in om seker te mask hy gaan misluk. Lyk my soos Malema en Zuma vriende die stert is wat nog steeds SA politiek swaai so swaai die Rassie stert vir SARU.

Willem ·

Voor Rassie ‘n speler vir sy groep sal oorweeg, moet daardie speler darem eers op ‘n sekere spelpeil wees. Daarvoor is die klubs, provinsies ens se afrigters verantwoordelik. Dis nie Rassie se werk om hulle te leer rugby speel nie. En as die stelsel des dinges is, hoe maak jy dit by die kop reg, die res van die lyf is dan vrot.

Rassie is nie die laaste afrigter wat ons gaan hê nie. Verdiskonteer die kaptein vir die afrigter ens ens … Rassie het nie keuse gahad nie.

Willem ·

Getalle sê niks, kyk wie het die ANC ingestem, dis nie kwantiteit wat tel nie, maar kwaliteit, en daarvan is die meeste, indien nie almal nie, in die buiteland.

Ook ons afrigters van daardie spelers wat die bokgroep moet voed.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.