Nou kry rugby ʼn bloukaart op die koop toe

Asof die rooi- en geel kaarte nie omstrede genoeg is nie, gaan die Australiese Rugbyunie (ARU) aanstaande jaar ook proefnemings met ʼn bloukaart doen.

Luidens berigte uit Australië is dié kaart daarop gemik om “die bestuur van harsingskudding” te bevorder en sal dit, ná gebruik tot dusver op skolevlak, aanstaande jaar in bepaalde senior reekse van die ARU op die proef gestel word.

Skeidsregters kan daarmee spelers van die veld stuur, wat na hul mening tekens van harsingskudding toon.

Hoewel enige stap verwelkom moet word wat die veiligheid van spelers bevorder, kan ʼn mens nie help nie om te wonder hoe die blasers as “mediese” beamptes sal vaar.

Sou dit uiteindelik op ʼn hoër vlak aangewend word, ontstaan die vraag hoeveel skeidsregters die moed van hul oortuiging sal hê om ʼn speler – en kom ons noem dit maar by die naam: ʼn All Black – in ʼn toets van die veld te stuur.

Dink net hoe só ʼn beampte verguis sal word as die mediese personeel hom verkeerd bewys.

Laat ons maar kyk hoe dit vorder.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Jack Russl ·

Die skeidsregter is daar daar om die reels toe te pas, maar moet ook na die spelers se veilgheid kyk.

Doodreg, die skeidsregter is nie medies gekwalifiseer nie. Jy hoef nie ‘n medies opgelei te wees om die tekens van harsingskudding te sien nie. MAAR dit kan “uitgebuit” word. Die skeidsregter kan nie die finale besluit he nie. Hy kan die speler afstuur met ‘n blou kaart, maar dan moet die mediese personeel hulle “dingdong toets” doen en laat weet of die persoon kan aanhou speel. Dink nou maar net die onsmaaklikhede wat gaan uitkom as ‘n speler met ‘n bou kaart afgestuur is en hy het nie harsingskudding nie.

Stem saam met die blou kaart, maar daar moet mediese personeel wees om die finale sê te sê.

Karma ·

Stem saam met blou kaart -idee, maar dan moet die speler ook tydelik, vir die duur van sy ‘ding dong’ toets soos met bloed-beserings, vervang word deur ‘n ander speler. Ek dink die outomatiese rooi kaart besigheid waar ‘n speler afgestuur word van die veld vir bv. ‘n gevaarlike “tackle” in die lug of as hy sy teenstander nie veilig op die grond land nie, is onregverdig. Hoekom die hele span benadeel as die speler tog later getug gaan word? Dit is wat die Leeus die Superugby titel dié jaar gekos het!

Jack Russl ·

Die rooikaart kan jy na altwee kante toe redineer. Hoekom die span benadeel en nie die speler nie? Rugby is en bly ‘n spansport, so as die span saam die krediet wil vat vir die wen, moet hulle sekerlik ook as ‘n span dit op die ken vat as hulle verloor (en die reels oortree).

Vir die rooikaart is dit een oomblik wat een persoon ‘n oordeelsfout maak (partykeer meer as ‘n oordeelsfout), maar om groot gedeeltes van die wedstryd met minder spelers te speel beinvloed nie net die span nie maar ook die ondersteuners en ens ens ens. Die toeskouers verwag dat hulle span getoets word teen die ander span en as die speelveld nie gelyk is nie, hoe weet jy jou span is werklik beter.

Aan die einde is dit buitendien net die telbord wat saakmaak, maar die ware rugby ondersteuners het maak ‘n swak smakie in die mond na so wedstryd, of jy nou wen of verloor.

Boeta ·

Die rooikaart het menige span al laat verloor oor een speler. Waarom nie die span straf met punte teen hom bv. 5 of dalk 7 punte maar laat die wedstyd voltallig voortgaan nie. die bloukaart klik goed as dit reg gebruik word

Springbok ·

Ek stel voor dat hulle ook ‘n groen en goue kaart instel. Die groen kaart moet gewys word vir die paar spelers wat oorbly op die veld dat hulle maar mag voortgaan met die game. En die goue kaart gaan vir die speler wat aan die einde van die seisoen die meeste geel kaarte gekry het…..die goue kaart gee hom dan gratis toegang tot ‘n losie vir die hele volgende seisoen waar hy al die games lewendig op TV kan kyk.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.