Nou net vier maande uit, maar Marcell se Bokrugby is verby

Marcell Coetzee (Foto; belfasttelegraph.co.uk)

Marcell Coetzee (Foto belfasttelegraph.co.uk)

Dis nou amptelik: Marcell Coetzee sal, terwyl hy sy rugby oorsee speel, nie vir die Springbokke oorweeg kan word omdat hy nie aan SA Rugby se nuwe 30-toets-kwalifikasie voldoen nie. Die keertyd vir die kwalifikasie is 1 Julie.

Dit is Donderdag bevestig dat Coetzee net sowat vier maande van die veld sal wees en nie nege soos eers gevrees is nie. Hy sal egter steeds nie in Junie vir die Springbokke teen Frankryk kan speel nie.

Sou hy in  die drie toetse teen die Franse uitgedraf het, sou dit sy toetstal voor die 1 Julie-keerdatum na 31 geneem het.

Daarvolgens sou hy voortaan deur die Springbokke gekies kon word terwyl hy nog aan ʼn oorsese klub verbonde is.

Nou sal hy egter eers na afhandeling van sy kontrak by Ulster – mits hy na Suid-Afrika terugkeer – weer vir die Springbokke oorweeg kan word.

♦  Daar is aanvanklik gevrees dat Coetzee sowat nege maande op die krukkelys sou wees. Hoewel die besering aan dieselfde knie is wat hom feitlik ʼn seisoen uit die spel gehou het, is daar nou vasgestel dat dit ʼn meniskusskeur aan die kraakbeen is en dat sy aflêtyd slegs sowat vier maande sal wees.

Dit al egter nie sy Boktoekoms red nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.