ʼn Mens kan tereg vra watter opspraak die Oostelike Provinsie se rugby nog kan wek.
Die afgelope paar jaar was daar berigte van wanbestuur en ingryping deur die SA Rugbyunie (Saru), die wrange sage en uitvaart van die Kings in die Superrugbyreeks, beroepelers wat nie betaal is nie, ʼn regsgeding oor ʼn ligauitslag, hofbevele om uitspeelwedstryde te stuit, ʼn strafsaak …
… en nou staak die bond se skeidsregters.
Hulle is glo siek en sat vir die beledigings en aanrandings wat hulle moet verduur.
Die verwagting is dat die staking minstens twee weke sal duur.
Die kwarteindronde van die bond se reeks om die Grootuitdaagbeker is vir Saterdag bepaal, maar sal uitgestel moet word.
Pale Toe! het daaroor navraag gedoen, en hoop nog om van die OP Rugbyunie (OPRU) te verneem wat die jongste stand van sake is, en hoe hy reken om die probleem op te los.
Skeidsregters wat staak….
Skeidsregters voel nie om insidente te rapporteer nie….want i.p.v dat daar teen die betrokke boelies opgetree word….word in baie gevalle beweer dat die skeidsregter nie die druk of situasie kon hanteer nie…..ek ondersteun die aksie 100%….hulle moet sommer vir n hele maand staak……
Toeskouers en ondersteuners,beamptes tree deesdae soos BARBARE by wedstryde op en haal hul eie persoonlike frustrasies op die skeidsregter uit….
Bravo vir n skeidsregter vereniging met ruggraat!