NRU-liga: Goue Bekerspan kom derde in liga

Die span wat Namibië verlede jaar in die SA Rugbyunie (Saru) se internasionale oopklubreeks om die Goue Beker verteenwoordig het, is ná afloop van die rondomtalie derde op die punteleer van die Namibiese Rugbyunie (NRU) se Premierliga.

Wanderers van Windhoek sal dus eers in 22 Julie se halfeindstryd met die tweede geplaaste Westelike Voorstede moet afreken as hy weer aan die uitsoekreeks wil deelneem.

Die Universiteit van Namibië (Unam) is weer boaan die punteleer, en kom in die ander halfeindstryd teen Walvisbaai te staan.

Unam II, Voorstede II en Wanderers II het ook die Reserweliga se halfeindronde gehaal, met Reho Falcons II (Rehoboth) wat die vierde plek vul.

Eerste Liga

♦ Twee spanne speel Saterdag uit met die oog op ʼn plek in die halfeindronde van die Eerste Liga.

Die Etosha Lions en die Eastern Bulls (Gobabis) durf mekaar in die Hage Geingob-stadion in Windhoek aan om te beslis wie die volgende week teen Ocean Swallows (Lüderitz) in die een halfeindstryd te staan sal kom.

Die Lions (Noord) en Bulls (Wes) was tweede in hul onderskeie streke, en Swallows het die reeks in die Suide gewen.

Die ander streekwenners, West Coast Sharks van Swakopmund (Wes) en Grootfontein (Noord), spook die ander halfeindstryd uit.

Opgesomde punteleer –

Premierliga

Unam 75, Westelike Voorstede 55, Wanderers 48, Walvisbaai 38, Kudus 33, United 29, Rehoboth 26, Reho Falcon 8.

Reserweliga

Unam 73, Voorstede 62, Wanderers 54, Reho Falcons 27, United 27, Kudus 20, Rehoboth 17, Walvisbaai 16.

Eerste Liga (Wes)

Sharks 48, Bulls 44, Dolphins 31, Unam III 21, Erongo-rugbyakademie 15, NUST 5.

Eerste Liga (Noord)

Grootfontein 38, Etosha 36, Otjiwarongo 24, Oshakati Rebels 12, Jaguars 6.

Eerste Liga (Suid)

Swallows 10, Oranjemund 2, Keetmanshoop 0.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.