
Robert du Preez druk een van die WP se ses drieë. (Foto: GB Jorgaan)
ʼn Blou Bulspan wat sy ondersteuners hoop vir die toekoms gee, het Sondag op Loftus Versfeld vir ʼn riller-wipplankstryd teen die Westelike Provinsie gesorg.
Gesien dat die Streeptruie na die enigste span lyk wat tussen die Sharks en die Curriebeker staan, dui hul doodsniksege van 46-45 waarskynlik op die tuisspan se beste vertoning vanjaar in die reeks.
ʼn Strafdoel ná die blaas van die basuin het die Bulle se doppie geklink, en die WP-heelagter, Damian Willemse, verdien ʼn pluimpie vir die komkommerkoel wyse waarop hy onder die allergrootste druk met die skop geslaag het.

Cobus Wiese bars met die bal weg. (Foto: GB Jordaan)
Die Pretorianers het op die koop toe sewe drieë teenoor die wenspan se ses gedruk.
Die WP was weliswaar rustyd met 17-19 agter, maar het groot dele van die wedstryd die voortou in die hand gehou.
Sy dissipline (en korrel) was ook daardie deurslaggewende rapsie beter as die Bulle s’n.
Die puntemakers –
Blou Bulle 45 (19) – Drieë: Warrick Gelant, Nick de Jager, Edgar Marutlulle, Piet van Zyl, Duncan Matthews, Ulrich Beyers, JT Jackson. Doelskoppe: Marnitz Boshoff (3), Tony Jantjies (2).
WP 46 (17) – Drieë: JD Schickerling, Robert du Preez, Nizaam Carr, Seabelo Senatla (2), Huw Jones. Doelskoppe: Robert du Preez (5). Strafdoele: Robert du Preez, Damian Willemse.
Opgesomde punteleer –
Sharks 47, Cheetahs 30, WP 27, Goue Leeus 25, Pumas 24, Griekwas 21, Blou Bulle 20.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
5 Kommentare
Kon nie die wedstryd kyk nie want superport lewer nie meer ‘n ordentlike diens aan sy klante nie.
Tyd vir Maroela Sport aanlyn rugby diens… ;)
Iewers is iets groots fout! Een en negentig punte tussen die Bulle en WP klink net nie vir my reg nie.
Dit was n aanskoulike wedstryd, bulle net ongelukkig om te verloor, volgens supersport was daar n tegniese probleem en die wedstryd is eers 19h00 vertoon.