Nuwe Cheetah-breier aangekondig

Hawies Fourie. Foto: Vrystaatse Rugby-unie.

Daar is ’n nuwe man aan die stuur van die Cheetah-trop. Die 50-jarige Hawies Fourie sal amptelik in September die nuwe hoofafrigter van die Toyota Cheetahs wees.

Hy vervang Franco Smith wat die Italiaanse nasionale span gaan brei.

Die voormalige agterlynafrigter van die Vrystaters het ’n kontrak van vier jaar met die Bloemfonteinse span onderteken. Sy vroeëre betrokkenheid by die span en sy sukses met die Universiteit Stellenbosch se Varsitybekerspan het hom die gunsteling gemaak om die pos te kry.

Meer as 30 aansoeke van oor die wêreld is ontvang toe die pos in Meimaand geadverteer is. Die topses kandidate is genooi om ’n voorlegging te doen.

Fourie se voorlegging en sy kennis van die spel het die paneel beïndruk en hy het dadelik bo die ander uitgestaan.

Fourie sal gedurende die Curriebeker-kompetisie by die span aansluit, maar nie aanvanklik by die afrigtingswerk betrokke wees nie.

Die Fourie-era begin amptelik ná die laaste CB-wedstryd van die seisoen.

  • Fourie was die afrigter van Maties toe hulle die Varsitybeker in 2018 en in 2019 gewen het.
  • Sy betrokkenheid as agterlyn- en skopafrigter van die Cheetahs het van 2007 tot 2013 en toe weer van 2008 tot 2015 gestrek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Andreas ·

En wat hoor jy van een van die Kings manne wat in die warm water is omdat hy gesê het Mallett wat hulle moet bystaan met die kies van ‘n nuwe afrigter is ‘n rassis?

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.