Nuwe Curriebekerborg net voor die reeks begin

 (Foto dailymaverick.co.za).jpg

Foto dailymaverick.co.za

Uiteindelik is ware Curriebekerrugby net om die draai. En daar is ook sommer uiteindelik die goeie nuus dat ʼn nuwe borg vir die reeks gevind is.

Die nuwe borg is Nashua, wat in 1990 die eerste borg van ʼn provinsiale span geword het waarvan die naam op die ligblou truie van die destydse Noord-Transvaal gepryk het.

Die reeks sal voortaan as die Nashua Curriebekerreeks bekend staan en die borgskap is vir drie jaar.

Die vorige borg, Absa, het verlede jaar uit die bloute sy borgskap onttrek.

♦  Daar is die seisoen verskillende name gebruik vir die opstellende reeks tussen 15 spanne om die drie deelnemers te identifiseer wat in die Curriebekerreeks saam met die ses franchise’e se spanne sal meeding.

Die eerste ronde word op 5/6 Augustus gespeel.

Wat die uitdunronde, of kwalifiserende of opstellende ronde of wat dit ook deur wie ook al genoem is betref: dit was beslis nie Curriebekerrugby nie.

ʼn Hele paar unies het dit duidelik te kenne gegee met die gebruik van die woord ‘vyftientalle’. Hulle spanne het selfs ook ander truie as hulle gewone Curriebekertrui gedra. Daar is ook unies wat nie provinsiale kleure aan die verteenwoordigers in die uiters middelmatige reeks toeken nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.