Nuwe kaptein vol moed om Argentinië te pak

Schalk Brits (Foto: Michael Sherman/ANA)

Schalk Brits (38) sal vandag as die nuwe kaptein die Springbokke lei in die toets teen Argentinië op Loftus Versfeld.

Siyamthanda “Siya” Kolisi (28) sal egter na verwagting nie Saterdag die volle wedstryd speel nie, weens sy kniebesering. Brits sal dus die span as kaptein lei.

“Mens kan enige tyd ʼn besering opdoen. As ʼn rugbyspeler moet jy bereid wees om beserings op te doen,” het Brits eksklusief aan Maroela Media gesê oor Kolisi se besering.

Brits het in 2008 sy internasionale debuut gemaak in die wedstryd teen Italië. Hy is kort daarna ingesluit in die Springbok-span wat in 2012 na Ierland, Skotland en Engeland gereis het tydens die jaareindwedstryde tussen internasionale rugby-unies.

Johan “Rassie” Erasmus, afrigter van die Springbokke, het ʼn nuwe span aangewys vir Saterdag se wedstryd voor die Springbokke op 21 September tydens die Rugbywêreldbeker in Yokohama, Japan teen Nieu-Seeland te staan kom.

“Rassie het baie goed beplan. Die afrigting is absoluut fantasties,” sê Brits.

Brits is een van die spelers wat graag sy plek wil verseker in die wêreldbekerspan wat op 26 Augustus aangekondig sal word.

Brits is die oudste persoon wat vir die eerste keer die Springbokke as kaptein lei. “Die ondersteuning van die span is ongelooflik. Die span het baie ervaring, veral met kapteins soos Duane en Steven. Hul ervaring help baie,” voeg Brits by.

Sy motivering vir vandag se wedstryd is die oud-Springbok, Derick Hougaard. “Ek het hom ontmoet toe ek nog in Paul Roos was en hy by Boland Landbou. Ons het ʼn lang pad saam gestap. Ek het baie respek vir hom.”

Brits sê Kolisi is steeds die kaptein en hy gaan “swaar steun op hom en die ander leiers in die span”.

Siyabonga “Scarra” Ntubeni (28) maak vandag sy debuut as Springbok en Brits beskryf Scarra as “ʼn fantastiese rugbyspeler en ʼn nederige persoon”.

“Ons het nie ʼn wenresep nie. Ons werk en oefen baie hard.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Joke! ·

Kolisie moes in elk geval nie die span lei nie hy lei net die span om die kwota base gelukkig te hou.Hy is nie daar op meriete nie net om die kollas gelukkig te hou en terselfde tyd die span af te trek…Maar dit is mos maar hoe Suid Afrika werk! Mapimpi verdien sy plek so ook Am En Dianti maar definitief nie kolisi nie nog minder om kapteinskap oor te neem hy is stom en clueless en kan amper nie eens n bal vang 50min speel nie dan is hy op!! Maar die kwotas soos kolisie en Elton moet mos maar die grootbase gelukkig te hou al verloor die span daaroor… mos maar Suid Afrika se manier…Moet verban word!! Dit is n belediging vir swart spelers en internasionaal moet daarteen optree soos teenoor die Apartheidsjare jare…

At ·

Kolisi is nie internasionale gehalte nie, nog minder ‘n kaptein. SA kan maar tuisbly, want dit is ‘n gegewe dat Kolisi die wêreldbekerspan gaan lei. Gaan ‘n lyding wees.

Buffel ·

Swak wedstryd maar ten minste as daar ‘n duusman in charge is wen die bokke. So bokke fantasties julle midweek team het die Los Pumes gezaber.

Dr. Rugby ·

Die Bokke het vals hoop vir Japan. Die Poemas is 11de op die ranglys. Kolisi se beste posisie is voor sy tv. Die wereld lag vir SA met ons politieke sportbeleid.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.